Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK HELDERBERG

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURES: UITREIKBESTUURDER

Sluitingsdatum vir aansoeke is 22 April 2022 om 12:00.


Helderberg Gemeente is gesetel binne die Ring van Somerset-Wes. Die gemeente onderskryf die Bybel as die Woord van God. Ons het ’n passie vir God en ’n hart vir mense en ’n wêreld in geestelike en fisiese nood.

 

Die werknemer moet ’n lidmaat van die NG Kerk wees/word, wat nie deur enige ander ooreenkomste, teenstrydige oortuigings of beperkings daarvan weerhou word om diens in die gemeente te lewer nie.

 

Die pos behels die volgende:

  • Samewerking met vrywilligers en donateurs.
  • Fondswerwing.
  • Samewerking binne die kerklike struktuur.
  • Begeleiding en emosionele versorging van uitreikpersoneel en projekleiers.
  • Mobilisering van lidmate.
  • Finansiële bestuur.   •  Bemarking. •  Kommunikasie.
  • Opleiding.   •  Administrasie.
  • Projekbestuur.   •  Selfontwikkeling.

 

Die werknemer erken dat sy/haar voorbeeld, optrede en ywer die kwaliteit van gemeentelike funksionering medebepaal en hy/sy onderneem om:

  • erns met sy/haar persoonlike Bybelstudie en gebedslewe te maak;
  • sy/haar lewensinstelling en optredes op hoë morele standaarde te bou;
  • die waardigheid en selfrespek van elke persoon met wie hy/sy in die loop van sy/haar dienslewering in aanraking kom, te erken, te handhaaf en te bevorder;
  • alles in sy/haar vermoë te doen om die gemeente se belang ten alle tye te bevorder.

 

Die pos vereis die volgende:

  • Kennis en ervaring van kerklike getuienis of uitreikbediening.
  • Verkieslik nagraadse opleiding in bestuur en/of menslike wetenskappe. (’n Kwalifikasie in sielkunde of maatskaplike werk sal voordelig wees)
  • Kennis en ervaring van die bestuur van NWO’s en PBO’s.
  • Rekenaarvaardigheid ten opsigte van MS Office Suite en Outlook is noodsaaklik.
  • Sal verantwoordelik wees om ’n NRO (Helderberg Uitreik) te bestuur.

 

Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien:

marisa@nghelder.co.za

  • Kort CV, nie langer as vier bladsye.
  • Motiveringsbrief.
  • Drie kontakbare referente.
  • In ruil vir jou dienste bied die NG Kerk Helderberg ’n mededingende pakket en aangename werksomstandighede.

 

Sluitingsdatum vir aansoeke is 22 April 2022 om 12:00.

Aanvangsdatum van pos is 01 Augustus 2022.

Rig navrae aan die Menslike Hulpbronbeampte via marisa@nghelder.co.za

 

Deur die indiening van hulle CV’s, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPIA-wetgewing deur KSM vir kerklike doeleindes asook vir die aanstellingsproses gebruik kan word.

 

Die Taakspan Helderberg Gemeente behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.