Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG PORTERVILLE

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Termyn: Onbepaald.

Sluitingsdatum: 15 Junie 2022, 12:00.


Gemeenteprofiel:

Porterville is ’n plattelandse dorp geleë in die Swartland, in die Wes-Kaap. Die gemeente bedien tans 1 000 belydende lidmate en 250 dooplidmate. Die ouderdomsverspreiding is soos volg: 0-6 (50), 7-13 (69), 14-18 (62), 19-25 (106), 26-45 (231), 46-59 (272), 60+ (402). Binne die gemeentegrense is ook ’n ouetehuis en ’n gevangenis. Dit is hoofsaaklik ’n sterk landbougemeenskap met ’n sterk kunskultuur en uitnemende hoër- en laerskool.

Die gemeente se visie is: “Groei na Christus”.

 

Leraarsprofiel:

  • Die geskikte kandidaat moet ’n gelegitimeerde predikant binne die NG Kerk wees.
  • Alle ampstake soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde moet verrig word.
  • Die geskikte kandidaat moet effektief binne die leefwêreld en konteks van ’n plattelandse gemeente kan funksioneer en bedien.

 

Die volgende is vir die gemeente van Porterville belangrik:

  • Toepaslike ondervinding van vorige gemeente(s).
  • ’n Geesvervulde, energieke, leraar wat oud en jonk passievol met die Woord kan bedien.
  • Ondervinding van geestelike toerusting, kleingroepbediening en jong-volwassebediening.
  • Missionale gerigtheid op die gemeenskap.
  • Die vermoë om verandering te bestuur.

 

Vergoeding: Die sinodale skaal word as riglyn gebruik.

 

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2022 (Onderhandelbaar).


Aansoekproses:

  • Aansoeke moet vergesel word van ’n CV nie langer as drie bladsye nie asook die kontakbesonderhede van drie referente.
  • Van alle aansoekers sal verwag word om ’n toepaslike vraelys te voltooi wat u by die kerkkantoor moet aanvra en saam met u aansoek stuur na die skriba, 

Anchen Barnard, e-pos skriba@ngport.co.za teen 15 Junie 2022, 12:00.

 

Navrae:

Voorsitter van die kerkraad: Mnr Leopold Human, sel: 083 286 3391.

 

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.