Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE KIMBERLEY-HARMONIE

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR (VAKATURE A)

 

Kimberley-Harmonie het ’n vakature vir ’n dinamiese voltydse leraar (Vakature A) met die vermoë om deur sy voorbeeld en toewyding die gemeente te lei.

 

SLUITINGSDATUM: 15 Julie 2022.

 

DATUM VAN DIENSAANVAARDING: 1 JANUARIE 2023.

 

PROFIEL VAN DIE GEMEENTE

Kimberley-Harmonie is ’n stedelike gemeente in die Noord-Kaap. Die gemeente het 1 524 lidmate waarvan 733 in die ouderdomsgroep 0-40 jaar val en 791 in die ouderdomsgroep bo 40 jaar.

 

Die gemeente se visie is: “Met God op pad” met die opdrag: “Om God en ons naaste elke dag liewer te hê”.

 

Kimberley-Harmonie het ’n bepaalde spiritualiteit waarin die Woord en belydenis ’n belangrike rol speel in die wyse waarop die gemeente aanbid en die bediening in die gemeente plaasvind. Elke lidmaat is deel van die bediening en dit is die kerkraad se taak om lidmate by te staan en om hulle vir hulle dienswerk toe te rus.

 

Kimberley-Harmonie is ook die oprigter van ’n kleuterskool, Patroontjies, ’n onafhanklike maatskappy sonder winsoogmerk wat aan die kerkraad verslag doen.

 

PROFIEL VAN DIE LERAAR

Die suksesvolle kandidaat moet:

  • Onder die ouderdom van 50 jaar wees met ’n minimum van vyf jaar ervaring in gemeentebediening.
  • By die NGK of VGK gelegitimeer wees.
  • ’n Passie hê vir Skrifgebonde verkondiging van die Woord en prediking wat al die verskillende ouderdomsgroepe bereik.
  • In staat wees om goeie verhoudings met lidmate te skep en in stand te hou.
  • Vaardig wees in die interaktiewe bediening in ’n digitale wêreld.
  • Bewese leierseienskappe en bestuursvaardighede hê.
  • Administratief vaardig en bedrewe in die gebruik van rekenaars en rekenaartegnologie wees.

 

PROFIEL VAN DIE POS

Die gemeente is op soek na ’n leraar wat:

  • Verantwoordelikheid kan aanvaar vir alle fasette van gemeentewerk soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Oor goeie vaardighede beskik om die gemeente missionaal te kan begelei.
  • Gereelde kontak met lidmate maak deur middel van pastorale ondersteuning.
  • Sterk leierseienskappe toon om leiding in die gemeente te kan neem op so ’n wyse dat hy die gemeente kan inspireer en bemagtig.
  • Behulpsaam kan wees by die informele aanddienste.
  • ’n Vriend en vertroueling van die gemeentelede kan wees en wat die gemeente met toewyding en voorbeeld kan lei.
  • Gemaklik by die gemeenskap kan inskakel en betrokke raak by gemeenskapsaktiwiteite.
  • Nuwe intrekkers te ontvang en hulle te motiveer om by Kimberley-Harmonie se bediening in te skakel.
  • Kleingroepe kan mobiliseer en ondersteun.
  • Die belangrikheid van die leraar se rol in die administratiewe take van die kerk besef en in staat is om leiding daarin te neem.

 

VERGOEDING

Die totale koste van indiensneming (TKVI), insluitend behuisings- en selfoontoelaag, is onderhandelbaar met die kerkraad volgens sinodale riglyne.

 

AANSOEKE

  1. Belangstellendes moet hulle aansoek op die voorgeskrewe aansoekvorm indien.

’n Afsonderlike CV word nie verlang nie, maar belangstellendes kan addisionele inligting op die toepaslike plek op die vorm meld.

  1. Aansoekvorm kan van Johan du Toit by johan.dutoit200@gmail.com aangevra word.
  2. Belangstellendes moet ’n kort Pecha Kucha-aanbieding (20×20) of ’n PowerPoint-aanbieding (maksimum vyf skyfies) indien waarin hy/sy die volgende aspekte hanteer:
  • Voorstelling van jou en gesin (waar van toepassing);
  • Vertel meer van jou persoonlikheid. Hoe hanteer jy konflik? Hoe motiveer jy vrywillige werkers (lidmate) en maak hulle deel van ’n span?
  • Wat is jou visie vir die hantering van ouer lidmate?
  • Wat is jou visie/droom vir jou bediening?
  • Wat beskou jy as jou nalatenskap in jou huidige bediening?
  1. Navrae kan gerig word aan Johan du Toit, ondervoorsitter van die kerkraad, by 076 658 5763. Besoek ook die gemeente se Facebook-bladsy deur op die skakel te klik.
  1. Dien die aansoekvorm, ander stawende dokumente en gekose aanbieding in by johan.dutoit200@gmail.com

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.