Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE POTCHEFSTROOM-MOOIRIVIER

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraarspos

Aansoeke sluit 12:00 op 8 Julie 2016.

Gemeenteprofiel

Potchefstroom-Mooirivier is die tweede oudste (99 jaar) van 12 NG gemeentes in Pot­chefstroom en bestaan uit stads- en plaaswyke asook oor ’n groot aantal lidmate wat buite die tradisionele gemeentegrense woon. Daar is tans 842 belydende en 140 dooplidmate. Daar is verskeie tuistes vir bejaardes binne die gemeentegrense. Daar is 577 besoekpunte in die gemeente. Die kerkkompleks is in Walter Sisulustraat 235 in die middestad geleë.

Leraarsprofiel

Die leraar moet oor die volgende eienskappe beskik:

  • ’n geestelike leier wees;
  • dinamies wees, in ’n span kan saamwerk en goeie menseverhoudings handhaaf;
  • ’n besielende prediker wees;
  • uitgebreide ondervinding (15 jaar en meer) in gemeentebediening.

Vergoeding

Vergoedingspakket is volgens sinodale skaal.

Daar is ’n bestaande pastorie langs die kerkkompleks beskikbaar vir bewoning.

Aansoeke

Aansoeke moet vergesel word van ’n CV van hoogstens drie bladsye. Die name en kontakbesonderhede van drie referente moet aangeheg wees. Alle aansoeke sal vertroulik hanteer word. Persone op die kortlys sal vir onderhoude genooi word. Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n beroep uit te bring nie.

Stuur u aansoek en CV voor 12:00 op 8 Julie 2016 per e-pos aan:

Voorsitter: Kommissie vir Diensverhoudinge: potgiet@mweb.co.za

Navrae

Oudl Karel Potgieter, 018 297 5579 (h) 082 829 5782 (s), potgiet@mweb.co.za
Ds Albert Horn, 018 290 7703 (h) 082 443 8271 (s), horn.albert@telkomsa.net

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top