Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Parow

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE PREDIKANTSPOS

 

Sluitingsdatum: 31 Julie 2022.


Gemeenteprofiel:

Parow-gemeente is geleë in die sentrale stadsgebied van Parow. Die gemeente bestaan tans grootliks uit senior burgers. Die gemeente grens aan Voortrekkerweg, Parow.

 

Hierdie deel van die gemeenskap is sosio-ekonomies en kultureel baie divers en word nog nie bedien nie. Binne die gemeentegrense is twee laerskole, asook Parow-Dienssentrum (Hernus Kriel Behuising). Ons visie is: “Die liefde van God maak ons ’n oop deur”.

 

Leraarsprofiel en -pligte:

  • ’n Persoon tot ouderdom 40 jaar.
  • ’n ‘All-rounder’ wat in noue skakeling met die kerkraad oor al die huidige bedieninge en diensterreine kan werk.
  • Verkieslik iemand wat ’n aanvoeling het vir die uitbou van die gemeente oor tradisionele grense.
  • Rekenaarvaardig en digitaalvaardig in die erediens en op ander media.
  • Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van die leraar se taak.

 

Vergoeding:

’n Pakket volgens sinodale skaal. Daar is tans nie ’n pastorie beskikbaar nie en ’n behuisingsubsidie sal vir die interim voorsien word.

 

Aansoeke:

Aansoeke vergesel van ’n CV (maksimum van drie bladsye), twee referente met kontakbesonderhede kan gestuur word aan: Die saakgelastigde, info@ngparow.co.za of Sarel Cilliersstraat 13, Parow 7500.

 

Sluitingsdatum: 31 Julie 2022.

 

Navrae:

Voorsitter van die Pre-Advieskommissie:

Mev Johanna Matthee sel: 083 441 8834, e-pos: johannamatthee0@gmail.com

 

Deur die indiening van u CV, gee u toestemming dat die inligting daarin vervat, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet no 4 van 2013) deur Parow Gemeente vir die beroepingsproses gebruik kan word.

 

Die gemeente behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.