Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Sanddrift

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NOORDELIKE SINODE, RING VAN KROKODILRIVIER

VAKATURE: VOLTYDSE LERAARSPOS

Sluitingsdatum vir aansoeke 30 September 2022.


Wie is ons en waar is ons?
NG Gemeente Sanddrift is ’n plattelandse gemeente so ±25 km vanaf Brits op die R511-roete na Thabazimbi (GPS: S25 27’53.6 sec, E27 40’42.0 sec). Die pragtige groot kerkgebou en kerkterrein met ruim pastorie is geleë tussen die plase van die boeregemeenskap met die Krokodilrivier wat ±3 km daarvandaan deur die distrik vloei.

Die gemeentelede is hoofsaaklik boere of in beroepe wat landbouverwant is. Ons is ’n diverse boerderygemeenskap wat een groot gesin is. Ons het ’n passie om saam te werk aan die groei van geloof in ons gemeente en alle ouderdomme is betrokke in hierdie proses. Ons is in afwagting om met ’n geroepe leraar ons gemeente se potensiaal nog sterker en groter te maak.

As gemeenskap werk ons interkerklik nou saam met mekaar – onder andere om die veiligheid te bewerkstellig. Die pastorie en kerkterrein vorm deel hiervan.

Ons het tans 260 belydende lidmate en 62 dooplidmate. Binne die grense van die gemeente is ’n laerskool 2 km vanaf die kerk. Brits bied ’n keuse van sterk laerskole sowel as uitstekende hoërskole.

Leraarsprofiel:
Voldoen aan bepalings van Artikel 9 van die Kerkorde met fokus op:
• Sterk geloofswaardes uitbeeld.
• Huisbesoek.
• Skrifgetroue en dinamiese prediking.
• Vernuwend kan dink – jonk en oud.
• Moet energiek wees.
• Tegnologiese vaardigheid is belangrik.
• ’n Passie vir beide jeug- en bejaardebediening.
• Netwerke bou in die gemeenskap.
• Gesinsbediening is prioriteit omdat baie jong gesinne tans deel vorm van ons geloofsgesin.
• Strategies dink en beplan.
• Hart vir pastoraat.
• Dit is ’n eenpersoongemeente en daarom met die uitdagings van slegs een verantwoordelike leraar. Kandidaat met ’n sterk persoonlikheid wat in ’n span kan funksioneer met ’n geesdriftige gemeente en kerkraadspan vol dryfkrag.
• Verkieslik jonger as 45 jaar.

Vergoeding:
TKVI volgens sinodale skaal as riglyn.
Ruim gratis pastorie, krag en water ingesluit en geleë op die kerkterrein, sowel as versorging van tuin. Goeie alarmstelsel met gewapende reaksie.
Gemeentevoertuig en petroltoelaag.

Rig aansoek met verkorte CV en die name van drie referente aan ngsanddrift@gmail.com vir aandag Pre-advieskommissie.

Telefoniese navrae kan gerig word aan:
Ds Stephan Strydom (konsulent) sel: 066 236 9640.
Ouderling Eric Kloppers sel: 082 872 6287.
Ouderling Peet Ehlers sel: 082 553 2277.
Jannie Espach, voorsitter Diensverhoudinge, sel: 082 828 7599.

Applikante moet beskikbaar wees vir onderhoud en proefpreek.

Sluitingsdatum vir aansoeke 30 September 2022.

Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling te doen nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.