Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die NG Gemeente Hartenbos wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir ’n
voltydse predikantpos.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 September 2022.
Die geskikte kandidaat sal deel wees van ’n leierspan van drie leraars en ander gemeenteleiers. Hy/sy sal verantwoordelikheid neem vir die gewone take van ’n gemeentepredikant in lyn met sy/haar gawes, passies en roeping.
Hy/sy sal veral fokus op jong gesinne en jeug/kinderbediening. ’n Meer volledige oorsig oor die predikant se profiel asook inligting oor die gemeente se aard, bediening en roeping is op ons webtuiste by ngkhartenbos.com beskikbaar.
Stuur asb u volledige CV, ’n beskrywing van u gawes, passies en roeping asook ’n video van drie minute waarop u verduidelik waarom u geroepe voel om aansoek te doen en hoe u profiel sal inpas by die gemeente se bedieningsbehoeftes.
Stuur ook asb ’n digitale skakel waar ons kan luister na ’n onlangse erediens wat u gelei het in u huidige gemeente. Belangstellendes is ook welkom om met Des Sampson ( 082 651 2006) te skakel.
Rig aansoeke digitaal aan: Die Voorsitter, Personeel Diensgroep na:
kantoor@ngkhartenbos.co.za
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 September 2022.
