Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Petrusburg

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Sluitingsdatum: 11 Oktober 2022.

Gemeenteprofiel:

Die NG gemeente Petrusburg is geleë 80 km wes van Bloemfontein op die N8-hoofroete na Kimberley. Ons is ’n biddende landbougemeenskap wat streef na vernuwing binne ons gereformeerde leerstellings. Ons leef in afhanklikheid van ons Skepper en bely die Bybel as onfeilbare Woord van God.

Gemeentelike verwagtinge van die leraar:

  • Gemeentebou.
  • Erediens.
  • Huis/Plaasbesoeke.
  • Musiekbediening.
  • Engo Ons Woning.
  • Fondsinsameling.
  • Hospitaalbesoeke.
  • Jeugaksies.
  • Die doop en nagmaal, ons twee sakramente, getrou bedien en in stand hou.

Ons gereformeerde leerstellings en waardes uitleef en onomwonde oordra aan gemeentelede.

Aan die kerkraad uitklaring gee dat hy/sy die belydeniskrifte van die Nederduitse Gereformeerde Kerk ten volle bely en uitleef. Ook bely dat hy/sy Jesus Christus as ons enigste Saligmaker en Verlosser aanvaar. Ons is almal in sonde gebore en slegs deur die bloed van Jesus kan ons sonde vrygespreek word.

Die Bybel as onfeilbare Woord van God bely. Die Bybel is die enigste waarheid en word as direkte woorde van God beskou. Die Bybeltekse is ons
enigste verwysing en nie die lering van die kerk van die dag nie.

Sy/haar siening stel rondom die tradisionele familie van ’n huwelik tussen een man en een vrou. Hy/sy moet ook sy/haar standpunt oor selfdegeslagverhoudings en huwelike bekendmaak en dit moet in lyn wees met die Woord.

Belangstellendes kan hulle CV e-pos na: ngkpetrusburg@gmail.com.

Navrae: Hoofouderling: Danie Jacobs 072 630 8964.

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.