Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
’n Gasvrye gemeente waar oud en jonk saam gevorm word om God te verheerlik en ewig te geniet.
Die kerkraad is van plan om ’n voltydse leraar te beroep.
Die gemeente se aard is:
• Oop en ontvanklike omgang met Skrif en belydenis.
• ’n Stemmige, klassiek-gebaseerde liturgie.
• Inklusiewe aanvaarding van mense.
• Deernis geniet voorrang bo organisasie.
• Kulturele verruiming.
• Verantwoordelike kommersiële aksie en bestuur.
Gelegitimeerdes wat belangstel, is baie welkom om hulle name en kontakgegewens by die volgende adres in te dien (voor 24 September 2022):
Adres: Glenwoodweg 429, Faerie Glen, Pretoria
Kontakgegewens: 064 757 7948; ngfaerieglen@gmail.com
Heg ’n kort beskrywing (nie meer as 400 woorde nie) aan waarin jou benadering tot ons gemeente se visie en aard verwoord word. Indien nodig sal die kerkraad ’n meer volledige CV aanvra.
