Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG DELPORTSHOOP

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: TENTMAKERPOS

Die NG Gemeente te Delportshoop wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir ’n tentmakerpos.

Gemeenteprofiel
Delportshoop is geleë langs die Vaalrivier teen die N31 sowat 60 km noordwes van Kimberley en vorm deel van die Ring van Griekwastad. Dit is ’n plattelandse Afrikaanssprekende gemeenskap wat bestaan uit ’n myngemeenskap, afgetredenes, vee- en besproeiingsboere. Die gemeente bestaan uit 230 belydende lidmate en 56 dooplidmate en 120 besoekpunte.
Ons is ’n missionale gemeente wat uitreik na ons naaste en streef daarna om ons visie uit te leef: Geroep om gestuurdes van die Here na die wêreld te wees.

Leraarsprofiel
Gelegitimeerde NG Kerk predikante / emiriti word genooi om aansoek te doen.
 Kreatiewe dinamiese persoon wat beskik oor tegnologiese sowel as bestuursvaardighede.
 Geestelike en emosioneel volwasse persoon wat nie bedreig voel deur verandering en meningsverskille binne die strategie van die gemeente nie.
 Gesonde, deelnemende, besorgde en liefdevolle menseverhoudinge.
 Toewyding aan sy/haar roeping en die Skrif as enigste onfeilbare Woord van God met Woordgetroue, inspirerende en verstaanbare prediking.
 Goeie kommunikasie- en probleemoplossingsvaardighede.
 Passie vir die geestelike versorging van die gemeente en wat met entoesiasme leiding, motivering en samewerking kan bewerkstellig.
 ’n Energieke persoon met kreatiewe en vernuwende denke met respek vir tradisies en ’n passie vir die diversiteit van ’n plattelandse gemeente.

Vergoedingspakket: R15 500,00 per maand onderhandelbaar (TKVI).

Aansoeke: Sluitingsdatum – 30 September 2022.

U aansoek moet asb die volgende insluit:
 Volledige CV met minstens drie referente.
E-pos: ghaapng@telkomsa.net

Navrae: Gert Faber – Voorsitter van die kerkraad (082 805 5666).
Konsulent: Ds Christo de Witt (082 567 1408).

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.