Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE DURBAN-WES

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van NG Gemeente Durban-Wes wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR

Gemeenteprofiel: Durban-Wes-gemeente is gevestig in die suidwestelike gedeelte van Durban en is deel van die Sinode van KZN. Die gemeente is ’n voorstedelike gemeente en bestaan uit 439 belydende lidmate, 76 dooplidmate, 275 besoekpunte. Die gemeente se voltydse leraar emeriteer in Junie 2023.

Leraarsprofiel: Die geskikte kandidaat sal verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir alle fasette van die gemeentewerk en bediening aanvaar soos in Artikel 9 van die Kerkorde vervat. Die kandidaat moet ’n aktiewe rol speel in die onderrig en opbou van die gemeente en Skrifgetroue prediking lewer.

Pligte:
• Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en voordele:
• Vergoedingspakket onderhandelbaar volgens sinodale riglyne.
• Pastorie met munisipale dienste.

Aansoek: Volledige CV van hoogstens drie bladsye met drie referente. Verskaf skakels van sy/haar opnames of aanlyn eredienste.

Sluitingsdatum: 30 November 2022.

Diensaanvaarding: Datum sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Navrae:
• Jan Wessels, 079 316 9235, jwessels48@gmail.com.

Die kerkraad behou die reg voor om ’n aanstelling buite die aansoeke te maak.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.