Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

’n Dringende antwoord is nodig

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: In sy skrywe van 19 September 2022 (“Onderskeid tussen ‘prinsipiële’ en ‘proses’-besluit nie geldig”) verwys dr Frits Gaum na die besluit van die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) in Mei 2022 om nie ’n formulier te skryf vir die bevestiging van selfdegeslagverhoudings (SGV) nie “aangesien die Algemene Sinode (AS) nie ’n prinsipiële besluit ten gunste van selfdegeslagverhoudings geneem het waarop so ’n formulier geskoei kan word nie.”

Ek het ook vrae daaroor, aangesien dit geweldige implikasies inhou: Is die twaalf onderafdelings van die AS 2019-besluit dan nie ALLES deel van EEN besluit nie? Hoe kan net één aspek (die skryf van ’n formulier) dan ’n “proses-besluit” wees? As die opstel van ’n formulier verval omdat dit nog “in proses” is, moet al elf onderafdelings dan nie ook verval nie? Indien alles verval, wat dan van mense van ander seksuele oriëntasies en identiteite wat byvoorbeeld aangestel is in die ampte, as teologiese studente gelegitimeer is en in burgerlike verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag bevestig is ná 8 Oktober 2019? Hierdie kwessies word vervat in die ander onderafdelings van die besluit.

Die ASM is ’n dringende antwoord verskuldig aan alle lidmate van die kerk.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top