Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Suikerbos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: LERAAR (VOLTYDSE PREDIKANTPOS)

SLUITINGSDATUM: 15 November 2022.

Gemeenteprofiel:
Suikerbos Gemeente is op 1 Oktober 1985 gestig. Die ingebruikneming van die gebou was op 22 Oktober 1988. Die eerste leraar was ds JJ Louw wat op 26 Januarie 1986 bevestig is. Suikerbos Gemeente is tans 37 jaar oud en geleë oos van Vereeniging. Ons het tans 240 belydende lidmate en 31 dooplidmate. Ons gemeente is besig om te verander. Een van die kerkraad se doelwitte is om jonger gemeentelede te lok en te behou deur energieke en innoverende bediening. Jeug, jong volwassenes, volwassenes en bejaardes lê ons na aan die hart. Ons is ook betrokke by Catherine Robson Kinder- en Jeugsentrum asook NG Welsyn Vereeniging.

Visie:
Ons visie is om só kerk te wees dat God die wêreld ook deur ons kan liefhê. Daarom as ’n geloofsgemeenskap verheerlik ons God, bou ons mekaar op, en bring ons hoop in ons omgewing en die wêreld.

Leraarsprofiel:
Ons gemeente se soeke na ’n geskikte kandidaat gaan steeds voort.
Na deeglike oorweging is besluit om die minimum vereistes aan te pas by die eise van die tyd. Vir daardie rede nooi ons veral daardie studente wat aan die einde van 2022 hulle legitimasieverpligtinge voltooi, maar sluit geensins die aansoekers wat aan die posvereistes voldoen uit nie. Aansoekers wat oor maksimum vyf jaar ondervinding en of maksimum op Kerf 9 van Riglyne vir die Vergoedingspakket vir predikante 2022/2023 vergoed word, word uitgenooi om aansoek te doen.
Kerkraad is wel bereid om binne redelike perke oor die vergoedingspakket te onderhandel.

Hy/sy moet lief wees vir die Here asook vir mense van alle ouderdomsgroepe. Aansoekers moet bewys kan lewer dat hulle suksesvol oor natuurlike leierseienskappe beskik ten einde die personeel, kerkraad en gemeente te kan lei. Dissipelskap, eredienste, lof en aanbidding (musiek), prediking, gasvryheid en ’n passie vir alle ouderdomsgroepe is vir ons baie belangrik.

Ander vereistes:
Rekenaarvaardig wees en daardeur tegnologie kan gebruik as ’n hulpmiddel alleen om die taak van leraar suksesvol deur te voer. Ondervinding in musiekbediening sal tot voordeel wees. Die kerk van Christus leef in uitdagende tye, daarom benodig ons ’n leraar wat nuut kan dink oor ons roeping as kerk in ’n moderne tyd en in veranderende gemeenskappe. Die klem val op suksesvolle gemeenteverwante veranderinge en verbeteringe. Die suksesvolle kandidaat moet daarna strewe om op datum te bly met beste praktyke in die bediening van die woord. Die volle uitleef van Artikel 9 van die Kerkorde is ononderhandelbaar.

Vergoeding:
’n Toepaslike onderhandelbare (binne redelike perke) vergoedingspakket volgens sinodale riglyne word aangebied. ’n Behuisingstoelaag vorm deel van die TKVI wat aangebied word.

Aansoeke:
Stuur die volgende elektronies aan ngksb@lantic.net
• ’n Volledige CV met ten minste drie referente.
• Dekbrief wat meer vertel van uself, u spesifieke bydraes wat u kan lewer en passies.
• Skakels na jou erediensopnames of aanlyn eredienste.
• Kandidate op die kortlys mag vir ’n onderhoud en preekbeurt genooi word.
Alle aansoekers sal skriftelik verwittig word van die uitslag van hierdie proses.

Sluitingsdatum: 15 November 2022.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik na die aanvaarding van die beroep.

Navrae: Telefoniese navrae kan gerig word aan die konsulent, ds Coen Sutton, die voorsitter van die kerkraad, Pieter Möller (082 454 1266) of die kerkkantoor Mariska Botha (072 110 9719/016 423 6295).

Deur die indiening van hulle CV’s, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing deur Suikerbos-gemeente vir die beroepingsproses gebruik kan word.

Die kerkraad hou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.