Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK VERGELEGEN

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Sluitingsdatum: 23 November 2022.

VAKATURE: LERAAR

In biddende afhanklikheid van die Here wag die NG Gemeente Vergelegen aansoeke in vir die voltydse leraarspos op kontrakbasis. Die kontrak is vir twee jaar met ’n moontlikheid om dit te verleng. Alle gelegitimeerdes van die NG Kerk is welkom om aansoek te doen vir die pos.

Gemeenteprofiel: Vergelegen is in die Noordwesprovinsie, 150 km noord van Vryburg en 195 km wes van Mahikeng, teen die Botswanagrens en het ’n kerkgebou, ’n pastorie, ’n winkeltjie en ’n koöperasie. Dit is ’n baie klein plattelandse gemeente in ’n uitgestrekte boeregemeenskap. Die gemeente het twee preekpunte wat albei elke Sondag bedien word. Grondpaaie is deel van ons lewe. Die gemeente bestaan uit 40 belydende lidmate en 14 dooplidmate.

Leraarspligte en profiel:
• Gewone predikantspligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
• Besonderse aandag aan huisbesoeke en wyksbyeenkomste (bv Bybelstudies).
• Begrip en passie hê vir die uitdagings van ’n plattelandse gemeente.
• Egpaar moet belangstel en betrokke wees (waar nodig) in die aktiwiteite van die lidmate.

Vergoedingspakket:
• Onderhandelbaar (lae kerwe van Noord-Kaapland Sinode traktementskaal as riglyn).
• Gratis huisvesting in die pastorie.
• Reistoelaag.

Aansoeke: CV van hoogstens vyf bladsye met vermelding en besonderhede van drie referente.

Kontakbesonderhede:
Stuur CV per e-pos aan: ngkerk.vergelegen@gmail.com

Navrae kan gerig word aan:
Ouderling: Frans Engelbrecht sel: 083 443 8236.
Leraar: Ds DAR Venter sel: 083 266 2533.
Skriba: Sonet de Wet sel: 083 417 3622.

Sluitingsdatum: 23 November 2022.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.