Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: MEDELERAAR
Tans beskik die NG gemeente van Hermanus oor twee predikantsposte. Die kerkraad van die gemeente het besluit om ’n medeleraar te beroep sodat die vakature gevul kan word.
Hermanus is ’n dinamiese groeiende dorp met uitstekende skole en mediese fasiliteite. Daar is tans 1 003 belydende lidmate en 142 dooplidmate. Die volgende behoeftes is geïdentifiseer waarvan die belangrikste die volgende is:
Geloofsverdieping deur geestelike begeleiding.
Etiese leiding deur die ontsluiting van die Skrif vir vandag.
Om ’n geestelike ruimte te skep waarbinne lidmate omgee en gasvryheid beleef.
Vereistes:
Die kandidaat:
Moet beskik oor posvlak 1 tot 5 bedieningsondervinding.
Vaardighede en persoonlike eienskappe:
Die kandidaat:
Moet ’n lewende verhouding met die Here hê, en iemand vir wie sy/haar familie, die gemeente en die gemeenskap prioriteit is.
Moet beskik oor vaardighede om in die eredienste lidmate op ’n passievolle wyse te begelei tot ’n ontmoeting met God en met mekaar.
Moet beskik oor eienskappe van rigtinggewende, geestelike leiding van lidmate tot geloofsverdieping.
Moet met entoesiasme jong lidmate en jong gesinne by die gemeente betrek.
Moet ook met deernis ouer gemeentelede bedien.
Moet beskik oor administratiewe vaardighede.
Vergoeding:
’n Toepaslike onderhandelbare vergoedingspakket volgens sinodale riglyne word aangebied. ’n Behuisingstoelaag vorm deel van die TKVI.
Aansoeke:
Alle gelegitimeerdes wat deur hierdie bedieningsfokus aangespreek is moet asseblief ’n CV, die name van minstens drie referente, asook ’n kort bekendstellingsvideo van ongeveer vyf minute insluit. Die video moet die volgende behels:
a) Waarom word aansoek gedoen.
b) Spesifieke gawes, passies en belangstellings.
c) Visie en roeping vir die bediening.
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud in persoon of aanlyn soos versoek.
Stuur aansoeke aan: Die Voorsitter van die Pre-advies
E-pos: kerkkantoor@ngkerkhermanus.co.za of
Posbus 38, Hermanus 7200.
Sluitingsdatum: 15 Februarie 2023.
Navrae:
Les de Swardt, sel: 082 771 0909.
Kerkkantoor: 028 312 3904.
