Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
DRIE JAAR TERMYNPOS, VOLTYDSE LERAAR
Die kerkrade van die kombinasies Chegutu en Kadoma, Chinhoyi/Karoi nooi u om verder te lees oor ’n interessante, effens buitengewone leraarspos in Zimbabwe. En ons dan te kontak vir meer inligting, of sommer dadelik aansoek te doen! Mag die Here u lei …
Profiel van die kombinasie:
1. Drie onafhanklike gemeentes is in ’n kombinasie. Dit beteken elkeen tree onafhanklik van die ander op, hulle deel net die leraar se dienste en onkoste.
Die kombinasie het twee koppe:
• Chinhoyi/Karoi in die noorde (gemeente 1),
• Chegutu (gemeente 2) en Kadoma/Kwekwe (gemeente 3) in die suide.
Ongeveer 137 mense skakel in, lidmate en nie-lidmate.
2. Tans hou die leraar die eerste en die derde Sondae van elke maand dienste op Chinhoyi en Karoi en die tweede en vierde Sondae op Chegutu en Kadoma. Dit is klein, plattelandse gemeentetjies. Al die eredienste is in Engels.
3. Die kombinasie kan nie die skoolfooie van privaatskole bekostig nie en regeringskole is nie regtig ’n moontlikheid nie.
4. Dit is ’n kontrakpos vir drie jaar, wat verleng kan word afhangende van die omstandighede.
5. Die kombinasie val onder die Ring van Midde-Afrika in die Noordelike Sinode.
Pligte:
1. Artikel 9 van die Kerkorde.
2. Die pastorale versorging van ouer mense is belangrik.
Vergoeding:
1. Onderhandelbaar met die riglyne van die Noordelike Sinode in gedagte.
2. Gratis behuising, gedeeltelik gemeubileer.
3. Gemeentemotor.
Die ideale kandidaat:
1. Glo in die Vader se versorgende almag, die Seun se plaasvervangende sterwe en opstanding en die Heilige Gees se kragtige teenwoordigheid.
2. Is ’n gelegitimeerde van die NG Kerk.
3. Is energiek en beweeglik, dus lief om te ry.
4. Kan twee of meer eredienste per Sondag hou, wat op verskillende dorpe plaasvind.
5. Geniet dit om die leraar en pastorale versorger van die hele gemeenskap wees, nie net van die NG Kerk nie.
6. Is Engels magtig.
7. Het goeie menseverhoudings.
Aansoeke:
Sluit ’n kort CV in, met drie verwysings en hulle kontakbesonderhede.
Sluitingsdatum: 28 Februarie 2023.
Die kerkrade beplan om geslaagde aansoekers Zimbabwe toe te bring om die omstandighede eerstehands te beleef.
Die beroepsvergadering sal nie voor 31 Mei 2023 plaasvind nie.
Die kerkrade behou die reg voor om nie ’n beroep uit te bring nie.
Die aanstelling is onderhewig aan die verkryging van ’n werkspermit.
Die huidige leraar, ds Johan Haasbroek, emeriteer aan die einde van Mei 2023.
Kontak: Ds Johan Haasbroek, e-pos: johanhaasbroek24@gmail.com
Sel: 00 263 77 236 1850.
