Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Koringberg: Voltydse leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

AANSOEKE WORD INGEWAG VIR ’N VOLTYDSE LERAARSPOS

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2023.

Gemeenteprofiel:

Koringberg is ’n plattelandse gemeente binne die Sinode van Wes-Kaapland se grense, ongeveer 120 km noord van Kaapstad en bestaan uit 111 belydende en 42 dooplidmate. Die gemeente is opgedeel in een dorpswyk en drie buitewyke. Gemengde boerdery met wintergraan en vee as hoofvertakking die hoof ekonomiese aktiwiteit in die omgewing.

Leraarsprofiel:

• Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk met ’n passie vir die platteland en sy mense.

• Moet al die predikantsverpligtinge volgens Artikel 9 nakom.

• Skrifgetroue en aktuele prediking.

• Entoesiasme vir die opbou van die gemeente en met persoonlike kontak met lidmate deur pastorale betrokkenheid en huisbesoek wat baie belangrik is.

• Moet verbind wees tot deelnemende bestuur en moet gemaklik in ’n span saam werk.

Vergoeding:

• Vergoeding vir leraar in hierdie gemeente kan groei tot en met posvlak vyf volgens die sinodale riglyne.

• Ruim woning beskikbaar.

• Pensioen, medies en vervoerpakket bykomend.

Aansoeke:

Belangstellendes word genooi om ’n volledige CV met hulle persoonlike besonderhede, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente aan die kerkkantoor te stuur.

E-pos: andriestheron@soutkloof.co.za / ngkkoringberg@gmail.com

Kontakpersone: Andries Theron ( 082 873 1350) / Lize Steyn (082 263 9434).

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud en ’n preekbeurt.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Januarie 2023.

Diensaanvaarding: So gou moontlik daarna.

Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak, indien ’n geskikte kandidaat nie gevind is nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.