Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE VIR ’N VOLTYDSE LERAARSPOS
Ons is tans ’n klein, hoofsaaklik ouer gemeente met wonderlike gawes, ’n interim bedieningspan en ’n groot droom. NG Pretoria-Faerie Glen het ’n voltydse leraar baie nodig om saam met ons hierdie droom te verwesenlik.
Ons droom …
– ons is ’n gasvrye sentrum van bedrywigheid wat met fasiliteite en gawes lewegewende geleenthede binne ons groter gemeenskap skep.
– van ’n bediening waar jonk en oud al hoe meer verwelkom word rondom die tafel van die Lewe en saam gevorm word om God se gesig vir die wêreld te wys.
– ons verheerlik God deur die beeld van Christus opnuut in die kunste en kultuur te ontdek en te vier.
– ons geniet God se barmhartigheid saam met ander wat in nood is – ook deur vreemdelinge deur wie ons saam verder vernuwe word.
Saamgevat: ’n Gasvrye gemeente waar jonk en oud saam gevorm word om God te verheerlik en vir ewig te geniet.
Uitnodiging
As ons droom jou opgewonde maak, stuur asb
• ’n bondige CV (nie langer as drie bladsye nie)
• asook ’n video-opname van nie langer nie as vyf minute waarin jy verwoord hoekom hierdie droom jou aangryp en watter gawes jy met ons kan deel na:
ngfaerieglenkantoor@gmail.com voor of op 16 Januarie 2023.
Navrae: Sarie Human, voorsitter van die kerkraad, 082 568 0586; of Jannie Richter, 082 801 4341.
