Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
LERAAR: VASTETERMYNPREDIKANTSPOS
Gemeenteprofiel
Die gemeente is ’n klein behoudende plattelandse gemeente wat bestaan uit meestal bejaarde lidmate.
Die gemeente se visie en missie is ’n strewe daarna om passievol, biddend, Woordgetrou, eensgesind in liefde en kononia saam te leef en uit te reik na die wêreld.
Leraarspos
’n Voltydse vastetermynpos vir drie jaar soos goedgekeur deur die Ring van Pietermaritzburg.
Leraarsprofiel
’n Afrikaanssprekende (inherente posvereiste) leraar van die NG Kerk en bedienaar van die Woord wat die legitimasieverklaring onderteken het word gesoek om op ’n voltydse grondslag verantwoordelikheid (en aanspreeklikheid) te aanvaar vir die pos.
Die posvereistes is soos verwoord in Artikel 9 van die Kerkorde met klem op Woordbediening, eredienste, die bediening van die sakramente, die diens van die gebede, pastorale versorging, bejaardebediening in die gemeente en die bediening van die Gelofte.
Dit is belangrik vir die gemeente dat die leraar onbesproke integriteit, sterk leierseienskappe, goeie kommunikasievermoë, goeie verhoudingsvaardighede besit, aanpasbaar, kreatief, georganiseerd is, met bewese rekenaargeletterdheid asook vaardig is in praktiese gebruik van sosialemedianetwerke. Dit is ook belangrik dat die leraar selfgedissiplineerd is en ’n vermoë besit om onafhanklik en in spanverband te werk.
Vergoeding:
Die vergoeding sal bepaal word volgens die suksesvolle kandidaat se profiel en omstandighede met inaggenome die gemeente se beskikbare begroting, wat nie ’n maksimum traktement (Pakket – Totale Koste van Indiensneming) van R600 000,00 per jaar ± R40 000,00 tot R50 000,00 per maand sal oorskry nie. Die vastetermynpos behels ’n traktement wat die volgende insluit naamlik: lewensonderhoud (salaris); vervoertoelaag; ’n huistoelaag; ’n telefoon vir amptelike gebruik; verlofvoorregte; verlofbonus; mediesefonds en pensioenfonds. (’n Emeritus ouer as 65 jaar wat by aanvaarding van ’n vastetermynpos reeds pensioen ontvang, is vrygestel van pensioenbydraes.)
Aansoeke:
Aansoeke moet ’n gemeentevraelys, ’n omvattende CV, preek op CD, ’n foto, persoonlike bedieningsvoorkeure, gewaarmerkte afdruk van ID-dokument, kwalifikasies en die volledige name/kontaknommers van drie onlangse verwysings insluit. ’n Vraelys kan by die kerkkantoor verkry word en ingehandig word. Die topkandidate sal genooi word vir ’n onderhoud en preekgeleentheid.
Kerkkantoor: Riette v/d Westhuizen, tel: 033 330 2428, e-pos: ngkerkpmb@lantic.net
Sluitingsdatum: 28 Februarie 2023.
Navrae:
Petrus Mans, 082 302 7164 / Willie van der Linde, 082 577 7221.
Die kerkraad behou die reg voor om sonder opgaaf van redes nie ’n aanstelling/beroep uit enige van die aansoekers te doen nie en te heradverteer.
