Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Kalahari: Brugleraarspos (ses maande)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die NG Gemeente Kalahari is ’n uitsonderlike gemeente. Ons is ’n gekombineerde boere- en myngemeenskap wat saam met die Here in die dorre warm somers met die mooiste sonsondergange, rooi sandduine en kameeldoringbome dien. Die gemeente sluit twee myndorpe, naamlik Hotazel en Black Rock, asook die omliggende plase in en is sowat 60 km vanaf Kuruman geleë. Die naam Hotazel mag dalk nie so bekend wees nie, maar die dorp het skole en ’n paar winkels.

Die gemeente is in biddende afwagting vir ’n brugleraar, vir ’n termyn van ses maande. Die pos is beskikbaar vanaf 1 Mei 2023 of so vroeg moontlik. Die gemeente is warm hartsmense van uiteenlopende ouderdomme en die regte leraar sal die geestelike waarde wat die Kalaharistilte bied, kan beleef. Die gemeente bestaan uit 242 belydende en 103 dooplidmate en is vol vertroue dat ’n verbeeldingryke en innoverende leraar goed kan inpas en deel word van ons kerkfamilie.

Indien u belangstel om die pad saam met hierdie gemeente in die Kalaharihitte te loop en ’n gelegitimeerde leraar in die NG Kerk is, kan u ’n CV, twee onlangse getuigskrifte en vier referente teen 20 Maart 2023 na kalaharingk@hotmail.co.uk stuur. ’n Pastorie is beskikbaar as deel van die vergoedingspakket wat op die riglyne van die sinodale skaal gebaseer word.

Enige navrae kan gerig word aan:

MG Wessels 084 434 5794 (kerkraad).

Yvonnette Wessels 083 629 5996 (kerkkantoor).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.