Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Valleisig is ’n gemeente in Faerie Glen, Pretoria-Oos. By Valleisig lewe ons met ’n “ons is lief vir jou”-houding (dissipelskap), ons gewoontes en gebruike sê “welkom tuis” (verhoudings) en die meeste van die tyd as ons bymekaarkom is “kos op die tafel” (feesvier). Ons weet ook dat God ons na ’n stukkende wêreld stuur en daarom beskryf ons ons roeping hier in Tshwane as “lewe vir die stad”. Dit is dan ook hoekom ons hierdie vakature het en JOU wil nooi om aansoek te doen.
Jy kan Valleisig verder leer ken deur ons app af te laai (soek “Valleisig” in jou app store), op ons webtuiste te kyk (www.valleisig.org.za),ons YouTube kanaal en Facebook-blad.
LERAARSPROFIEL:
- Iemand wat lief is vir die Here en lief is vir mense.
- Bewus van Valleisig se roeping, vind aanklank daarby en is bereid om saam in ’n span te groei in hierdie roeping.
- ’n Mobiliseerder – iemand wat lidmate tot aksie kan oorhaal, kan bemagtig en bedieninge meer selfstandig kan maak.
- ’n “Change Agent” – iemand wat verandering (’n nuwe manier van doen) binne die gemeente kan bevorder en ondersteun.
- ’n Innoveerder – iemand wat nuut en pro-aktief oor sy/haar take dink.
- ’n Kommunikeerder – iemand wat die lidmate met wie hy/sy werk “se taal praat”.
- ’n Organiseerder – iemand wat die “lyne” bymekaar kan trek en hou.
- Die bediening kan laat groei (geestelike groei en bediening uitbrei met meer mense).
POSBESKRYWING:
Die pos is vir ’n gemeenteleraar wat veral fokus op bediening aan jong gesinne en jong werkendes en om nuwe mense deel te maak van Valleisig se storie.
Vereistes/verantwoordelikhede:
- Gelegitimeerde van die NG Kerk, met verkieslik vyf jaar se bedieningservaring.
- Prediking (digitaal en in persoon).
- Motivering, bemagtiging en aktivering van jong werkendes en jong gesinne om die roeping van Valleisig uit te leef.
- Gesinsbediening as fokusarea.
- Neem medeverantwoordelikheid saam met lidmate vir die beplanning en koördinering van bedieninge.
- Kreatiewe en innoverende denke oor die bediening in ’n voorstadomgewing.
ALGEMEEN:
Vergoeding volgens sinodale riglyne. Behuisingstoelaag is beskikbaar.
AANSOEKE:
CV met minstens drie referente aan: ontvangs@valleisig.org.za
SLUITINGSDATUM: 6 April 2023.
DIENSAANVAARDING: 1 Julie 2023 (of soos onderhandel).
Valleisig behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
