Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
NG Moedergemeente Kroonstad
Die NG Moedergemeente Kroonstad wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR
Sluitingsdatum: 12 Mei 2023.
Aanstellingsdatum: 1 September 2023.
Gemeenteprofiel: Kroonstad is ’n plattelandse dorp in die Vrystaat. Die gemeente is gesamentlik met ander gemeentes betrokke by aftree-oorde vir bejaardes in Kroonstad. Die dorp het ’n sterk Afrikaanse laerskool en ’n dubbelmedium hoërskool. ’n Groot deel van ons gemeente is aan die landbousektor verbonde. Die gemeente bestaan uit ongeveer 600 belydende lidmate en 70 dooplidmate wat tans verdeel is in vyf plaaswyke en 13 dorpswyke. In die afgelope jaar is daar ongeveer 11 babas gedoop.
Leraarsprofiel:
- Ons is op soek na ’n leraar van die NG Kerk (verkieslik 40 jaar en ouer) wat ’n liefde het vir die platteland en wat bereid is om saam met ons as dolerende gemeente op reis te gaan om God se plan vir ons dorp uit te leef.
- Iemand wat deur ’n aansteeklike passie vir Jesus verhoudings bou terwyl ons gefokus bly op die regte pad waarop die Here ons lei.
Ander vereistes:
- Verbind tot die uitvoering van die pligte vervat in Artikel 9 van die Kerkorde vir sover dit betrekking het op huisbesoek, siekebesoeke, behartiging van wyksbyeenkomste en jeugbediening asook betrokkenheid by die jaarlikse basaar en ander aktiwiteite van die gemeente.
Vergoedingsvoordele:
- Ons is dankbaar dat die gemeente in ’n gesonde finansiële posisie is en daarom kan ’n vergoedingspakket volgens die Vrystaatse sinodale raamwerk onderhandel word.
- ’n Ruim pastorie is deel van die vergoedingspakket. Die pastorie beskik oor ’n boorgat en betroubare sonkragopwekkingstoestel.
Aansoeke: Help ons asseblief om u beter te leer ken deur u CV met persoonlike besonderhede, asook name en kontakbesonderhede van drie referente te e-pos aan die leierouderling, Danie Minnaar, met e-posadres: danie@compuking.co.za en/of aan die onderleierouderling, Wynand Botha, na e-pos adres: wjbotha@drl.co.za
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
