Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Calvinia: Leraar – Vastetermynpos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NG Gemeente Calvinia

Vakature: Leraar – Vastetermynpos

Calvinia is ’n plattelandse dorp in die Noord-Kaap, ongeveer 400 km vanaf Kaapstad, Beaufort-Wes en Upington. Dit is ’n landboustreek met hoofsaaklik veeboerdery en in ’n mindere mate lusern- en graanboerdery. Die NG gemeente Calvinia is die 35ste oudste gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die 33ste oudste in die destydse Kaapse Kerk. Alhoewel die NG gemeente Calvinia in die Noord-Kaapse dorp Calvinia geleë is, is die gemeente vir kerkdoeleindes ingedeel in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland en skakel in by die Ring van Clanwilliam.

 

Gemeenteprofiel:

Die NG Gemeente te Calvinia wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir ’n leraar.

Die Tehuis vir Bejaardes (Sorgvliet) val binne die gemeentegrense en word gesamentlik met ander kerke bedien.

Die gemeente se lidmaattal bestaan uit 600 belydende lidmate en 100 dooplidmate.

Ons het ’n sterk barmhartigheidsgrondslag en sien onsself as ’n omgeefamilie in Christus.

Die gemeente het ’n spesifieke behoefte aan ’n benadering tov ’n uitgebreide gesinsbediening waar jongmense, kinders, ouers en grootouers, gesamentlik en afsonderlik, saam geestelik bedien word in tye van verandering met bepaalde uitdagings.

 

Leraarsprofiel:

Gelegitimeerde NG Kerk predikante word genooi om aansoek te doen.

Skrif as die enigste onfeilbare Woord van God.

Toewyding aan sy roeping.

Dinamiese persoon wat beskik oor tegnologiese en bestuursvaardighede.

Geestelike en emosioneel volwasse persoon met goeie kommunikasievaardigheid wat nie bedreig voel deur meningsverskille, en ook verandering binne die strategie van die gemeente nie.

Deelnemende, besorgde en liefdevolle menseverhoudinge.

Woordgetroue, inspirerende en verstaanbare prediking.

Energieke persoon met ’n passie vir geestelike versorging, met kreatiewe en vernuwende denke.

Respek vir tradisies en ’n passie vir die diversiteit van ’n plattelandse gemeente.

 

Vergoeding:

Onderhandelbare salaris.

Huisvesting beskikbaar.

 

Aansoeke: Sluitingsdatum: 15 Julie 2023.

 

U aansoek moet asb die volgende insluit:

Volledige CV met minstens drie referente.

’n Aanvullende motivering (maksimum twee bladsye) moet die aansoek vergesel waarin aangedui word hoe die kandidaat met sy/haar besondere talente en gawes tot die funksionering van die gemeente kan bydra.

Kandidate wat oorweeg word, kan genooi word vir ’n preekbeurt en ’n onderhoud.

Die Pre-advieskommissie behou die reg voor om op eie inisiatief ook inligting aangaande die aansoeker in te win vir oorweging.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2024.

Stuur aansoeke na e-pos: ngkerk@hantam.co.za

 

Navrae:

Flip Augustyn – Voorsitter van die kerkraad (083 412 5114).

Ena van Schalkwyk – Lid van Pre-Advieskommissie (082 797 7228).

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.