Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kerkraad van NG Gemeente Rustenburg-Proteapark stel met opgewondenheid en in biddende afhanklikheid die volgende pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.
Gemeenteprofiel:
NG Proteapark is ’n gemeente wat saam kuier en streef daarna om water te wees wat lewe gee. Die bedieningsfokus van die gemeente lê by groepe, dissipelskap en geestelike groei van alle lidmate en nie-lidmate en verhoudings bou tot ’n gesonde geloofsgemeenskap.
Ons gemeente is geleë in Rustenburg, Noordwes-Provinsie, ongeveer 110 km van Pretoria en 35 km van Pilanesberg. Die gemeente word tans deur een jeugwerker en twee voltydse leraars bedien waarvan een leraar Maart 2024 die gemeente groet.
Leraarsprofiel:
Enige gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wat aan die vereistes voldoen, word uitgenooi om biddend aansoek te doen. Die volgende profiel dien as ’n riglyn vir voornemende aansoekers binne die konteks van Artikel 9 met die fokus op:
- Prediking: Iemand wat ’n suiwer gereformeerde teologie volg en dit entoesiasties en verstaanbaar oordra op ’n wyse wat die daaglikse uitdagings van lidmate aanspreek.
- Tegnologie: Entoesiasties en ervare is rondom die kreatiewe gebruik van vernuwende tegnologie en sosiale media as bedieningshulpmiddel.
- Leefstyl: ’n Passievolle en lewende verhouding met God.
- Visie: Iemand wat vernuwend en toekomsgerig die kerkraad, lidmate en nie-lidmate kan inspireer om NG Proteapark se visie prakties te verwesenlik.
- Betrokkenheid: Betrokke sal wees by die operasionele dag-tot-dag bestuur van kerkaangeleenthede, insluitend personeelbestuur en finansies.
- Verhoudings: Die opbou en handhawing van goeie verhoudings met ’n fyn aanvoeling vir die diverse behoeftes en strewes van die volledige spektrum van gemeentelede asook nie-gemeentelede en die groter gemeenskap van Rustenburg.
- Bedieninge: Fokus op die opbou, uitbrei en instandhouding van ons bedieninge, veral groepe as deel van Proteapark se visie.
- Verdere kriteria: ’n Minimum van sewe jaar bedieningservaring sal in jou guns tel.
Aansoeke:
’n Volledige CV en ’n kort video waarin jy jouself bekendstel en deel waarom jy aansoek doen.
Stuur aansoeke asseblief per e-pos: proteaparkberoep@gmail.com
Sluitingsdatum: 30 Junie 2023.
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2024 (onderhandelbaar).
Navrae: Dr Deon Strauss: 083 627 5085 (leraar) / Ds Willem Pretorius: 073 529 6075 (leraar).
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
