Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Blouwaterbaai Familiekerk: Voltydse leraar (Onbepaalde termyn)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar (Onbepaalde termyn)

Die kerkraad van Blouwaterbaai Familiekerk wag biddend aansoeke van gelegitimeerdes in vir bogenoemde pos.

Sluitingsdatum: 11 Augustus 2023.

Gemeenteprofiel:

Blouwaterbaai Familiekerk is ’n liefdesgemeenskap wat vir Jesus dissipels maak. As gestuurde gemeente is dit ons fokus om die evangelie van Jesus se liefde aan al die mense in en om ons gemeenskap te bring. Ons is tans 40 doop- en 272 belydende lidmate. Blouwaterbaai is ’n voorstad van die vriendelike Gqeberha (Port Elizabeth).

Leraarsprofiel:

Die leraar het goeie kommunikasievaardighede, is liefdevol (leef die vrug van die Gees) en is sensitief vir die diverse behoeftes van gesinne, mense van verskillende ouderdomme en kulture.

Pligte:

Met Kerkorde Artikel 9 as basis, fokus die leraar op die volgende:

  • Rig eredienste in dat lidmate dit as egte liefdesgemeenskap ervaar.
  • Bemagtig lidmate vir bediening, inspireer streekleiers en rus hulle toe om ons visie prakties uit te leef.
  • Lei ons gemeente tot ’n gemeenskapsgerigte bediening wat omgee vir mense in nood.

Vergoeding en voordele:

  • Die totale koste van indiensneming (TKVI) beloop R300,000 per jaar.
  • Bykomend word gratis huisvesting in ’n doelmatige pastorie voorsien, asook telefoontoelaag, internet, munisipale dienste, sekuriteit, en tuindienste.
  • Die pakket word volgens behoefte binne wetlike vereistes gestruktureer.

Aansoek:

Aansoek moet vergesel wees van ’n kort CV, met foto, en met die kontakbesonderhede van drie referente. Skryf ook ’n dekbrief waarin u aandui waarom u vir die pos aansoek doen.

Laai ook hierdie vraelys af, voltooi en stuur die dokument met u aansoek: https://ngkok.co.za/bwb/bwb.doc

E-pos asb u aansoeke na: bwb@ngkok.co.za

Indien die kerkraad ’n onderhoud verlang, moet die kandidaat daartoe beskikbaar wees.

Sluitingsdatum: 11 Augustus 2023.

Diensaanvaarding: 1 November 2023, of so gou moontlik daarna.

Navrae:

  • Ds Danie Mouton (konsulent), 082 923 4178.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.