Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Ceres (Moedergemeente): Medeleraar (Voltydse onbepaalde termyn)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraar (Voltydse onbepaalde termyn)

Sluitingsdatum: 14 Augustus om 12 nm.

Ons wag in biddende afhanklikheid vir aansoeke vir bogenoemde pos in die NG Kerk Ceres.

Die pos vorm deel van die gemeente se strategiese proses om, veral in die volgende paar jaar, ’n meer intensiewe bediening te loods.

Die ideale kandidaat het ’n bereidheid om:

  • Aandag te gee aan alle gemeenteverpligtinge, maar is gemaklik om (aanvanklik) ’n meer gerigte bediening op jong gesinne, jongmense en kinders te doen.
  • Vernuwend te dink binne ’n klassieke aanbiddingstyl. Ons gebruik verskillende instrumente asook ’n besondere orrel in ons aanbidding.
  • Vanuit ’n diepe erns met die Woord en gebed ons te onderrig.
  • Met die liefde van Jesus tussen alle mense te beweeg en ons te lei op die lees van Jesus se dienende leierskap.
  • Die koninkryk van die Here Jesus bo alles te stel.

Daar is twee NG gemeentes op Ceres en ons het ’n noue samewerking met die NG Ceresvallei. Ons is saam in die Ring van Tulbagh wat al verskeie jare met die VGK Ring van Tulbagh byeenkom en saamwerk.

Ceres is as dorp ’n Bolandse juweel, geleë in die pragtige vallei van vrugbaarheid met die omringende berge wat dikwels in die winter met sneeu bedek is. Ons is geseën met uitstekende skole waaronder verskeie kleuterskole en ook die Laerskool Gericke en Hoërskool Charlie Hofmeyr. Ceres is slegs 130 km vanaf Kaapstad.

Jonger predikante kan gerus aansoek doen. ’n Goeie paar jaar ervaring van gemeentewerk sal in jou guns tel. Ons sien uit na ’n heerlike pad saam en miskien word jy, soos ons, aangespreek deur ons jaartema van 2023 – Nou is die regte tyd!!

 Aansoeke: Stuur aansoek na die skriba by ngceres@lando.co.za met CV nie langer as drie bladsye nie en drie referente met elkeen se kontakbesonderhede. Stuur asb ook ’n kort video op WhatsApp: 078 232 2441, waarin jy jouself bekendstel en sê waarom jy aansoek doen. Kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude.

Sluitingsdatum: 14 Augustus om 12 nm. Indien jy nie vóór 31 Augustus genooi word vir ’n onderhoud nie, het jy ongelukkig nie die kortlys gehaal nie.

Diensaanvaarding: Januarie 2024.

Navrae: Marthinus de Villiers, 082 324 6751, Martienet Uys, 082 547 5896. Pierre Marais, (leraar) 082 890 3792 (Skakel asb voor of na Junie-skoolvakansie).

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.