Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nederduitse Gereformeerde Gemeente Stella: Voltydse onbepaalde termynpos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van die NG Gemeente Stella, stel met verwagting en in biddende afhanklikheid, die volgende pos aan gelegitimeerdes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met volle ampsbevoegdheid bekend.

Gemeenteprofiel:

  • Die NG Gemeente Stella is ’n uitgestrekte plattelandse gemeente in die Noordwes-provinsie, wat meestal deur grondpaaie bedien word, en is geleë tussen Vryburg en Mahikeng, op die N18-roete. Die gemeente is deel van die Ring van Mafikeng, en ook deel van die sinode in Noord-Kaapland.
  • Die gemeente bestaan uit 395 belydende lidmate (waarvan 165 ouer as 60 jaar is), en 99 dooplidmate. ’n Groot deel van ons lidmate is betrokke by boerdery-aktiwiteite. Binne die gemeentegrense is Huis Louis Aftree-oord waar sowat 50 persone woon en versorg word.
  • Hier is ’n goeie hoër- en laerskool wat hoë akademiese standaarde handhaaf, en oor doelmatige sportfasiliteite en koshuise beskik.
  • Die gemeente het sewe jaar gelede die inisiatief geneem en ’n vroeëkinderontwikkelingsentrum in die woonbuurt Rekgarathlile gevestig. Tans word 40 kleuters tussen 3 en 5 jaar geskool, versorg en met die evangelie bedien.
  • Die NG Gemeente Stella is gesteld op Skrifgetroue prediking, hartlike sang en deelname in die erediens.
  • Die gemeente is die afgelope 18 jaar bedien deur die vertrekkende leraar.
  • Die gemeente se visie is “Christus In Almal, Vir Almal”.

Leraarsprofiel:

Die gemeente en kerkraad bid vir:

  • ’n Leraar wat elke erediens as ’n ware aanbiddingsgeleentheid begelei, terwyl die Woord suiwer verkondig word.
  • ’n Leraar wat lidmate sal toerus en bemagtig om deur hulle dienswerk, God se koninkryk in ’n toenemend demografies veranderende omgewing te laat kom, veral deur ’n missionale bedieningsgerigte model.
  • ’n Leraar wat die onderskeie ouderdomsgroepe se spesifieke behoeftes verstaan, en hulle pastoraal kan begelei.

Vergoeding:

  • Vergoeding: Volgens sinodale aanbeveling, tot en met posvlak 10.
  • Behuising: Ruim en goed versorgde pastorie word voorsien.
  • Reistoelaag: Daar word volgens sinodale riglyne ’n reistoelaag voorsien.

Aansoeke:

Ons nooi belangstellendes uit om hulle volledige CV na ons te stuur. Ons luister graag na u lewensreis, u roepingsverhaal en u bedieningservarings. Hoe oordeel u, kan u die gemeente dien met u gawes en talente?

E-pos asb jou aansoek aan: ngkstella@lantic.net

Navrae:

Willem Vermaak – leraar – 082 379 1658.

Erika de Villiers – leierouderling – 082 542 8842.

Magriet Loftie-Eaton – leierdiaken – 073 664 4087.

Sluitingsdatum: 31 Augustus 2023.

Diensaanvaarding: 2 Januarie 2024 of soos ooreengekom.

Die gemeente behou die reg voor om geen aanstellings te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.