Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die NG Gemeente Odendaalsrus-Oos verlang die dienste van ’n voltydse leraar.
Gelegitimeerde predikante in die NG Kerk word uitgenooi om aansoek te doen vir ’n permanente pos van voltydse leraar by die gemeente.
GEMEENTEPROFIEL
- Odendaalsrus is ’n plattelandse myndorp wat in die Vrystaat geleë is.
- Die gemeente is grotendeels ouer mense.
- Die gemeente se karakter is sterk behoudend met gereformeerde spiritualiteit wat ’n hoë premie op Skrifgetroue prediking stel.
- Die gemeente se finansiële posisie is soos ander plattelandse gemeentes onder druk en bydraes kom uitsluitlik vanaf lidmate. Die kerkraad sal derhalwe op hierdie stadium nie die sinodale riglyne vir vergoeding van predikante kan bekostig nie.
LERAARSPROFIEL
In aansluiting by ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar:
- Oortuig wees van die roeping van die Here om as leraar diensbaar te wees in ons gemeente.
- Skrifgetroue Woordverkondiging doen, verbind aan die gereformeerde leer en belydenisskrifte van die kerk.
- Prediking met innoverende denke bedien, maar ruimte vir jeugbediening en lofprysing maak.
- As herder vir die kerkraad en gemeente optree, maar strewe na die Liggaamsmodel wat groepdinamika en spanwerk vooropstel.
- Aktiewe bediening met die doel om ’n verskil te maak in die gemeenskap wat gekenmerk sal word deur huisbesoeke en/of persoonlike kontak soos deur lidmate verlang.
- ’n Passie vir die jeug en kinders in die gemeente sal vooropgestel word.
VERGOEDING
Die totale koste van indiensneming, insluitend behuising, is met die kerkraad onderhandelbaar.
AANSOEKE
Belangstellendes moet hulle CV met ten minste twee verwysings in ’n verseëlde koevert by die kerkkantoor inhandig of per e-pos aanstuur na: ngkoos01@gmail.com
Vir navrae, skakel met die kerkkantoor by 057 354 1796 (08:00 tot 13:00).
Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
Oop vir enige aansoeke totdat pos gevul word.
