Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Vroeg op ’n Dinsdag gee Rachelle Botha, ’n lidmaat by NG Kerk Swartruggens en stigter van die Kwêvoeltjie voorskoolse sorgsentrum op dié dorp naby Rustenburg, ’n interaktiewe oggendklas in Afrikaans en Engels. Foto's en verslag: Le Roux Schoeman

Oor mooi klippe, kleutersorg en ’n stryd om oorlewing tussen rommel en plastiek

Tussen die geologie en die teologie het dr Banus Botha baie stories om te vertel as jy die slag by hom gaan kuier op sy pastorie op Swartruggens, ’n NG gemeente met so 380 lidmate in ’n Ring van sewe gemeentes waarvan slegs twee permanente leraars het, volgens een van die gesoute kerkraadslede hier.
Rachelle Botha gebruik Kwêvoëltjie se klaskamers om ‘n verskil te maak in die gemeenskap.
Rebecca Matshogo help die juffrou met tolkwerk vanuit Tswana en werk al sedert 2010 by dié skooltjie.

 

Louis Visser dien al 48 jaar op die kerkraad van dié gemeente hier in Noordwes, of – in kerktaal – Goudland Sinode, een van die NG Kerk se tien samestellende sinodes. Dié beesboer vertel op ’n kol oor die dramatiese Sondag ’n paar jaar gelede toe drie Land Cruisers in dié distrik gesteel is op ’n Sondagoggend “gedurende kerktyd”. Deesdae betaal Louis ’n gewapende wag om oor sy opstal te waak wanneer hy inry dorp toe vir kerk.
Retha du Plessis lyk kalmer as wat sy is só enkele weke voor dié gemeente se groot basaar … ’n Kwartmiljoen wins word begroot en ses beeste, vyf skape en drie varke gaan dit ontgeld… Du Plessis is “Voorsitter: Basaarkommissie” en die Oktobermaand-basaar se vleisverkope help onder meer die gemeente se ondersteuning van die plaaslike tehuis, waar staatsubsidies nie naastenby die kostes dek nie, aldus die kerkraad.
Ry ’n mens terug na die groot wittoring-kerkgebou op die bult, beweeg jy verby ’n vullishoop wat wemel van mense. Seker tien of meer wat deel is van ’n informele groep herwinners wat hier ’n bestaan probeer maak. George Moholo vertel aan Kerkbode dat ’n hele dag se werk skaars genoeg geld sal inbring om te oorleef.

 

 

George is ’n rustige man met ’n sagte stem en ’n troetelkat by sy sinkhuis op die vullishoop. Hy vertel hy het op ’n kol sy voet erg beseer toe ’n bottel hom gesny het hier op die berge en dale se rommel.
Die klein kalbas teen ’n muur van sy blyplek vang die oog. Dis waar ’n klein voëltjie kom nes maak, verduidelik George.
  • Kerkbode is op ’n storietoer na “Wyk Zero” in die verre uithoeke van Mpumalanga en KZN. Volg ons reis regstreeks op Instagram. 
  • Kerkbode gesels hieronder met dr Banus Botha oor sy bediening en dié voormalig dolerende gemeente in Goudland Sinode se benadering tot sake wat die NG Kerk verdeel.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top