Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Malopo: Kontrakleraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van NG Gemeente Malopo wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

VAKATURE: Kontrakleraar

Sluitingsdatum: 1 Desember 2023.

Aanstellingsdatum: 1 Maart 2024 of so spoedig moontlik.

Fisiese adres: Die kerk en pastorie is geleë op Buhrmansdrift (-25.83661, 25.79434) reg oorkant Laerskool Buhrmansdrif (-25.83614, 25.79386).

Gemeenteprofiel:

  • NG Malopo is ’n plattelandse kerk wat Buhrmannsdrif en omliggende omgewing bedien.
  • ’n Groot deel van die gemeente is aan boerdery (saai, vee en wild) verbonde.
  • Die gemeente bestaan uit 245 belydende lidmate en 80 dooplidmate.
  • Die lidmate se gemiddelde ouderdom is ±45 jaar.
  • NG Malopo val onder die Ring van Zeerust en die Goudland Sinode.
  • Buhrmansdrift is geleë in die Noordwes-Provinsie, sowat 15 km vanaf Mahikeng, 50 km vanaf Zeerust en 65 km vanaf Lichtenburg.

Leraarsprofiel: Ons is op soek na ’n leraar van die NG Kerk wat ’n liefde het vir die platteland, en wat bereid is om saam met ons as gemeente op reis te gaan om God se plan vir ons omgewing te leer ken en ook uit te leef. Baie belangrik, die persoon moet ’n passie hê om Christusverhoudings te bou met die mense in die omgewing.

Ander inligting: Ons wil graag saam die Here se wil soek in alle opsigte van die bediening, en wil graag sien wat die rigting is wat die Here ons in stuur. Ons is opgewonde om te sien wie die Here oor ons pad sal stuur. Ons wag om te sien op watter unieke manier die Here ons verras deur ’n persoon na ons te stuur met unieke gawes en belangstellings, en wat dit ook gebruik om die koninkryk te laat kom in ons omgewing. Studente wat hierdie jaar legimiteer word ook uitgenooi om aansoek te doen.

Vergoedingsvoordele:

  • Ons bied ’n vergoedingspakket van R30 000 (Dertig duisend rand) bruto per maand aan, plus ’n dertiende tjek.
  • Ander gratis byvoordele is ’n ruim pastorie, elektrisiteit en water, selfoon en internettoegang.
  • Die samestelling van die pakket, insluitend reiskostes sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Help ons asseblief om jou beter te leer ken deur jou CV met persoonlike besonderhede, onlangse foto, asook name en kontakbesonderhede van drie verwysings per e-pos te stuur aan Huibrecht Hayes by skriba@ngmalopo.co.za

Navrae: Pieter Prozesky (Voorsitter Pre-Advies). Sel: 082 890 0384.

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.