Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Hopefield: Leraar (vastetermynpos vir drie jaar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Oor ons gemeente

Hopefield is ’n plattelandse gemeente aan die Weskus met 207 belydende en 49 dooplidmate. Daar is ’n meerderheid ouer lidmate, maar ook ’n pragtige klomp jonger mense in die gemeenskap. Die gemeente is in 1851 gestig en vier vanjaar 172 jaar van die Here se genade – deur tye van voorspoed en ook teenspoed. Ons glo dat die Here ons ook in die toekoms sal bewaar.

Hopefield het een van die beste skole aan die Weskus en daarop is ons baie trots. Kinders kom van ver af om hier skool te gaan. Groter sentra met mediese sorg en besighede, Langebaan, Vredenburg, Malmesbury is binne 50 km van Hopefield af.

Kandidate:

  • Moet begrip hê vir die uitdagings van ’n plattelandse gemeente.
  • Oor bedieningsvaardighede beskik om met alle ouderdomsgroepe te kan werk.
  • ’n Entoesiastiese gemeenteleier wees.
  • ’n Goeie spanwerker sal tot u voordeel strek.
  • Getroue besoeke aan lidmate is ’n prioriteit.
  • Daar is baie mense in die gemeenskap wat deur getroue omgeebediening weer teruggebring kan word na die gemeente en die Here.
  • Goeie verhoudinge met ander kerke in die gemeenskap is baie belangrik.
  • Dit is ’n vastetermynpos vir drie jaar. Die kerkraad sal kandidate wat voltyds of deeltyds beskikbaar is, oorweeg.

Pligte:

Volgens Art 9 van die Kerkorde en soos ooreengekom. Die gemeente plaas ’n hoë premie op Skrifgetroue prediking en getroue huisbesoek en siekebesoek.

Vergoeding:

  • Vergoedingspakket sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word afhangen de van beskikbaarheid, hetsy voltyds of deeltyds, asook ervaring.
  • Die maksimum TKVI wat beskikbaar is, is R360 000 per jaar.
  • Die kerkraad sal probeer om die pakket jaarliks met die inflasiekoers aan te pas indien omstandighede dit moontlik maak.
  • Ruim geskiedkundige pastorie met krag en water word voorsien (bykomend tot die TKVI).

Aansoeke:

Gelegitimeerdes van die NG Kerk (enige ouderdom of bedieningsfase) word uitgenooi om ’n volledige CV met hulle besonderhede en motivering, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente te stuur aan: Die skriba by ngkerkhopefield@telkomsa.net

Sluitingsdatum: Nie later nie as 7 Januarie 2024.

Diensaanvaarding: 1 April of so spoedig moontlik.

Die kerkraad mag uit die aansoeke persone nooi vir gesprek en preekbeurt, maar behou die reg voor om nie te beroep nie indien daar nie geskikte aansoeke kom nie.

Navrae:

Niels Nilsson (voorsitter van die kerkraad) sel: 066 316 2096 (nopnilsson@gmail.com).

Ds Gert Kok (brugleraar) sel: 083 417 8323 (gjkok1@gmail.com).

Dr HJ Prinsloo (konsulent) sel: 065 576 2986 (hjprinsloo@live.com).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.