Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 26 Januarie 2024.
Moedergemeente Uitenhage beskik oor ’n uitdagende pos vir ’n predikant van die NG Kerk wat beide oor pastorale en bewese bestuursvaardighede beskik.
Die gemeente bestaan uit 120 belydende lidmate en ’n klein groep dooplidmate. Die gemeente besit ook twee geboue, bestaande uit woonsteleenhede en sakegeboue: Huis Senburg en Pro Ecclesia.
Naas die pastorale versorging van lidmate, is die leraar ook verantwoordelik vir die oorhoofse bestuur van die eiendom in oorleg met die beheerrade. Pligte bestaan dus uit Artikel 9 tesame met ’n bestuursrol.
Bewese bestuurservaring en kundigheid by ’n leraar van tussen 35 en 50 jaar sal as aanbeveling dien.
Vergoeding: Volgens sinodale skaal, insluitend gratis huisvesting, ’n kommunikasietoelaag en water en ligte.
Datum van indienstrede: Onderhandelbaar, verkieslik teen 1 April 2024.
Dien u aansoek in die vorm van ’n CV per e-pos in by ngkuitenhage@gmail.com
Vertel waarom u uself as die geskikte kandidaat sien, en dui ook u bestuurservaring aan.
Die name en kontakbesonderhede van drie referente is noodsaaklik.
