Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die gemeente Kollegepark, in biddende afhanklikheid, is opgewonde om saam met ’n leraar ’n nuwe fase van ontwikkeling te betree. Ons is ’n stadsgemeente met ’n plattelandse karakter.
Gemeenteprofiel:
Kollegepark is ’n gevestigde gemeente met ’n sterk finansiële stand wat bereid is om ’n kompeterende en omvattende pakket aan te bied. Ons beskik oor ’n puik funksionerende kerkraad en ons gemeente bestaan uit 493 belydende lidmate en 91 dooplidmate. Uit ons credo blyk dit dat ons die evangelie van Jesus, die Woord as waarheid, die liefde vir God asook liefde vir mekaar en ons betrokkenheid na buite sentraal laat staan in ons gemeente.
Leraarsprofiel:
Kollegepark soek ’n dinamiese, energieke en gelegitimeerde leraar wat in spanverband met die kerkraad, die gemeente na ’n volgende fase kan begelei. Hy/sy moet in staat wees om langtermyn-verhoudings te kan bou met onderskeie belangegroepe. Ons is op soek na ’n leraar wat na uitnemendheid streef in sy/haar prediking, pastoraat en gemeenteleierskap.
Aansoeke:
Verskaf asseblief ’n volledige CV asook ’n kort video-opname waarin hy/sy homself/haarself bekendstel en aandui waarom jy aansoek doen. Stuur aansoeke per e-pos na: dasen@mweb.co.za of ngkpark@absamail.co.za
Aansoeker moet beskikbaar wees vir keuring en ontwikkelingsproses.
Sluitingsdatum is 31 Januarie 2024.
Aanvangsdatum: Maart 2024.
Navrae:
Dr Pieter Möller 082 690 9014 (voorsitter van die kerkraad).
Dr Deon Senekal 083 283 0312.
