Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Ons is op soek na ’n persoon wat Kerksondermure se tienerbediening by ons Midstream-kampus kan koördineer.
Wie is jy?
- Jy is iemand wat lief vir die Here en tieners is.
- Jy is ’n spanspeler en het minstens drie jaar ervaring in jeugbediening (voltyds of as student).
- Jy het die vermoë om met meer as 25 volwasse kleingroepleiers te skakel en is gemaklik daarmee om hulle te lei, dien en te bemagtig.
- Jy geniet dit om graadgroep-aanbiedings te doen en kan kreatief te werk gaan om ouers by hul tieners se geloofsreis te betrek.
- Jy het die vermoë om bestaande kinderkerk-kurrikulums uit te bou en om dit aan te pas vir ons gemeente se behoeftes.
- ’n Liefde en aanvoeling vir musiek sal beslis in jou guns tel.
Verantwoordelikhede
Koördinering van alles wat by ons Tienerbediening gebeur.
Opleiding en toerusting van ons kleingroepleiers.
Weeklikse kommunikasie aan ons ouers om hul deurentyd op hoogte van sake te hou van wat by Kerksondermure se Tienerbediening gebeur.
Prediking.
Werksure en werkswyse
Hierdie is ’n voltydse pos en dit vereis van jou om minstens ses ure op ’n Sondag te werk. As koördineerder werk jy altyd in spanverband. Ons Centurion-kampus het ’n koördineerder wat dieselfde rol as jy vervul, daar is admin-hulp en jy werk saam met een van ons gemeente se dominees.
Sluitingsdatums vir aansoeke:
Voor of op 25 Desember 2023.
CV’s kan gestuur word na nmarais@ksm.co.za
