Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
NG Nylstroom-Oos
Vakature: Voltydse medeleraar
Gemeenteprofiel: Nylstroom-Oos gemeente is geleë in ’n “middel-grootte” plattelandse dorp (Nylstroom/Modimolle) in die Limpopoprovinsie, ongeveer 130 km noord van Pretoria. Die dorp bied goeie koopgerief aan inwoners, maar met ’n kleiner verskeidenheid as in die stad. Die dorp het twee redelik groot winkelsentrums, verskeie winkels en goeie skole, waar kinders hoë kwaliteit onderrig ontvang (die naskoolse kwalifikasies wat kinders uit hierdie skole behaal, bevestig die kwaliteit van onderrig). Hier is onderskeidelik ’n enkelmedium Engelse en ’n Afrikaanse laerskool asook ’n parallelmedium hoërskool.
Die gemeente word deur twee leraars bedien. Die “ruggraat” van bediening geskied deur middel van omgeegroepe. Verder is die gemeente baie gesteld om verhoudinge tussen lidmate te bou en te versterk. In hierdie verband speel gereelde huisbesoek deur die leraars ook ’n groot rol.
Nylstroom-Oos is ’n gemeente met ongeveer 1 255 belydende lidmate en 234 dooplidmate.
Ons gemeente bied geleenthede vir lidmate om deur die loop van die jaar aktief aan verskeie aksies en byeenkomste deel te neem.
Leraarsprofiel: Nylstroom-Oos nooi dinamiese, energieke en gedrewe gelegitimeerde leraars van die NG Kerk, om aansoek te doen as medeleraar.
Pligte word omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, met die fokus op:
- ’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig en dit as ’n roeping beskou om in sy diens te staan.
- Woordgetroue, inspirerende en verstaanbare prediking, verbind aan die gereformeerde leer en belydenisskrifte van die kerk.
- ’n Energieke persoon met ’n passie vir God en sy mense, asook ’n mense-mens wat met alle generasies ’n goeie verhouding kan bou en handhaaf, veral ten opsigte van huisbesoeke en persoonlike kontak met lidmate in verskillende lewenstadiums.
- Entoesiasties en ervare is rondom die kreatiewe gebruik van musiek, vernuwende tegnologie en sosiale media as bedieningshulpmiddels.
- Goeie interpersoonlike vaardighede hê en gemaklik in spanverband kan funksioneer.
- Moet verantwoordelikheid vir projekte saam met diensgroepleiers kan neem asook inisiatief kan neem met nuwe projekte en geestelike bedieningsgeleethede.
Vergoeding: Vergoeding sal redelikerwys volgens sinodale riglyne bepaal word.
Behuising in ’n ruim pastorie is beskikbaar.
Aansoeke: Belangstellende, gelegitimeerde leraars moet asseblief ’n toepaslike CV, van nie langer as vier bladsye nie, met vermelding van bedieningsvoorkeure, spiritualiteit, persoonlikheidskenmerke en bedieningservaring stuur na die:
kantoorbestuurder by kerkkantoor@ngoos.co.za of ngooskerkkantoor@gmail.com
Sluit asb die volgende in:
- Minstens drie kontakbare referente
- ’n Skakel na aanlyn eredienste.
Sluitingsdatum: Vrydag 2 Februarie 2024. Diensaanvaarding: 1 Augustus 2024.
Navrae kan gerig word aan die kantoorbestuurder, Deirdré Stoffberg, by 073 411 6944.
Daaropvolgende proses: Daar sal van alle aansoekers verwag word om ’n toepaslike vraelys te voltooi wat teen sluitingstyd van die werksdag op 9 Februarie 2024 per e-pos ontvang moet word.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
