Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Sluitingsdatum: 29 Februarie 2024.
Diensaanvaarding: Voor of teen 1 Julie 2024.
Is jy …
- gereed en geroep vir ’n nuwe uitdaging?
- tussen 35 en 50 jaar oud?
- met minstens tien jaar ondervinding in voltydse bediening?
- Ervare in gesinsbediening?
Waarom wag? Randburg wil graag van jou hoor!
Kom help skryf aan die volgende hoofstuk van ons geskiedenis.
Doen asseblief onmiddellik aansoek.
NG Kerk Randburg – in die hart van die stad Randburg – het ongeveer 400 belydende lidmate en 110 dooplidmate wat oor ’n uitgestrekte gebied woon. Ons streef daarna om ’n geestelike tuiste te wees vir die stadsmens van die 21ste eeu – jonk en oud, gesinne en enkellopendes – afgetredenes en jong werkendes. Die strewe word gedra deur drie bewegings … om God se kinders te help dieper groei in geloof, in liefde nader aan mekaar behoort en mekaar en sy wêreld verder met seën dien.
Die leraarsprofiel word gebou rondom die pligte van Artikel 9 van die Kerkorde met vanselfsprekende fokus op:
- Skrifgetroue prediking in kreatiewe eredienste wat alle generasies in ag neem en musiek en tegnologie gepas gebruik.
- Verhoudings hoog ag en met goeie interpersoonlike vaardighede gemaklik funksioneer in spanverband.
- Sterk leierskap wat vernuwend inisiatief neem en saam met diensgroepleiers verantwoordelik is vir projekte en bedieningsaksies.
Vergoeding: Die gemeente se gesonde finansiële posisie maak ’n vergoedingspakket volgens sinodale riglyne moontlik en sluit huisvesting in ’n ruim pastorie en die gewone byvoordele in. Die pakket is egter onderhandelbaar volgens spesifieke behoeftes.
Aansoeke: Help ons om u te leer ken. Stuur ’n kreatiewe CV, van nie langer as drie bladsye nie, met minstens drie kontakbare referente en ’n skakel na ’n aanlyn erediens, na aansoeke.ngrburg@gmail.com
Daaropvolgende proses: Van alle aansoekers sal verwag word om ’n toepaslike vraelys te voltooi wat met ontvangs van aansoek aangestuur sal word. Dit moet voor of op die sluitingsdatum van 29 Februarie 2024 teruggestuur word.
Suksesvolle kandidate sal vir ’n onderhoud en moontlike preekbeurt genooi word. Indien die pre-advieskommissie nie binne twee weke na die sluitingsdatum met u kontak maak nie moet die aansoek as onsuksesvol beskou word.
Navrae: Vir enige navrae, kontak die pre-advieskommissie deur ’n e-pos te rig aan
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
