Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Doornkloof Familiekerk: Jeugwerker

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Doornkloof Familiekerk is ’n NG gemeente in die woongebied Doringkloof van Centurion. Die gemeente het ongeveer 1 500 lidmate, waaronder ongeveer 400 dooplidmate, wat tans bedien word deur twee voltydse leraars. Daar is verskeie laer- en hoërskole in die omgewing.

Doornkloof ontwikkel steeds haar digitale bediening en is aanlyn te vind by:

Die gemeente se jeugbediening het ’n ernstige behoefte aan ’n jeugwerker met onblusbare energie, ’n opregte passie vir jongmense, en wat in staat is om nuut, innoverend en met ’n probleemoplossende benadering, eietyds en buite die boks te dink oor jeugbediening. Die jeugwerker moet jongmense kan trek deur sy/haar menswees, omgee, voorbeeld, toeganklikheid en beskikbaarheid. Teologiese opleiding, of iemand wat besig is met teologiese opleiding, is ’n vereiste. Musikale vaardigheid sal ook in ag geneem word.

Pligte

Die jeugwerker se hooffokus sal lê by die bediening aan Graad 7-12 jongmense saam met die jeugleiers van hierdie grade, sowel as skakeling met die jeugleiers van die jonger kinders met die oog op hulpverlening. Die jeugwerker se beoogde aktiwiteite moet ten doel hê om jongmense te trek en te bereik deur pret en humor, waardeur verhoudings gebou en versterk word, met die uiteindelike doel van geestelike verdieping en groei.

Die jeugwerker se beplanning en administrasie moet deurgaans uitstaande wees, maar hy/sy sal hierin ondersteun en bygestaan word deur administratiewe personeel, die jeugleiers en een van die voltydse leraars.

Die jeugleier sal saam met die voltydse leraar en jeugleiers die Jeugbedieningspan vorm wat verantwoordelik is vir die oorhoofse bestuur en uitvoering van jeugbediening. Die jeugleier sal saam met die voltydse leraar verslag doen aan die kerkraad oor beplande en afgehandelde aksies, begrotings, besteding en hulpbronbehoeftes.

Die jeugwerker sal ook verantwoordelik wees vir die volgende:

  • die jaarlikse jeugprogram, wat aan die kerkraad voorgelê word vir goedkeuring;
  • die toerusting en opleiding van die jeugleiers en ouers;
  • die aankoop van kategesemateriaal;
  • die opstel van die jaarlikse begroting vir die jeugbediening (in oorleg met die jeugleiers en fondsespan);
  • uitbou van huisgeloof.

Vergoeding

Die jeugwerker se vergoeding sal in lyn wees met ’n verwagte werksweek van ten minste 25 uur.

Aansoek

Stuur jou aansoek per e-pos aan admin@dkfk.co.za met die volgende:

  • jou CV van hoogstens vier bladsye;
  • jou antwoord op die volgende vrae:

1) Hoekom dink jy is jy die regte kandidaat?

2) Omskryf drie voorbeelde van wat jy dink kan werk vir Doornkloof se jeugbediening.

  • Skakels na jou sosialemediaplatforms.
  • Name en kontakbesonderhede van twee referente.

Sluitingsdatum: 27 Maart 2024.

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.