’n Tweede oplaag van die gedenkboek Until the morning star arises is deur die NG Kerkargief laat druk.
Hierdie volkleur sagtebandboek vertel die stigtingsverhaal van die Morgenstersendingstasie in Zimbabwe, die begin van teologiese opleiding vir die Reformed Church of Zimbabwe en die eerste Shona Bybelvertaling.
Verskeie skrywers het bydraes gelewer tot hierdie publikasie saamgestel deur dr Isabel Murray. Die eerste oplaag het in November 2025 verskyn om saam te val met die vier van 100 bestaansjare van die Murray Teologiese Kollege. (Lees meer: Teologiese kollege met NG wortels in Zim se eeufeesviering kyk beide vorentoe en terug)
Die boek van 262 bladsye kos R480 (posgelde uitgesluit) en kan bestel word by die NG Kerkargief deur die bestelvorm (onderaan) in te vul en te e-pos aan argief@kaapkerk.co.za .
Bestelvorm_Until the Morning Star Arises_Herdruk
