Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Twee predikantsposte: Deeltydse onbepaalde termyn
Die roeping van Hugenoot-gemeente “Een in Christus sodat die wêreld kan glo” rig al vir etlike jare die bediening van die gemeente. Die gemeente het ’n sterk fokus op die bediening van ouers met kinders en ook ’n seniorbediening. Die gemeente is in die noordelike voorstede van Bloemfontein geleë.
Twee deeltydse onbepaalde termyn predikantsposte word bekendgestel (Reglement 14). Beide poste behels die ampspligte soos vervat in Artikel 9, maar die een pos fokus meer, maar nie uitsluitlik nie, op die bediening aan ouers met kinders en die ander pos op die bediening aan senior lidmate.
Vergoeding: Volgens sinodale riglyne (ongeveer 50% van die topskaal vir elkeen van die twee poste).
Volledige posbeskrywing is by die kerkkantoor beskikbaar (finansies@hugenoot.co.za).
Aansoeke: Volledige CV, minstens drie referente, ’n aanduiding vir watter pos aansoek gedoen word, vergesel van ’n beskrywing van die kandidaat se bedieningsfilosofie.
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.
Sluitingsdatum: 7 Augustus 2026.K
Diensaanvaarding: 1 September 2026 of so gou moontlik daarna.
Navrae: Voorsitter van die kerkraad, ouderling Francois Botha (076 123 1551).
