Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Michelle van Tonder, leraar van NG Gemeente Kempton-Kruin, is op 26 Oktober verkies as moderator van Hoëveld Sinode. Foto's: Le Roux Schoeman

Hoëveld Sinode Dag 1: Michelle van Tonder as moderator verkies

Ds Michelle van Tonder is verkies as moderator van Hoëveld Sinode wat 101 gemeentes in 14 ringe verteenwoordig. Die leraar van NG Gemeente Kempton-Kruin volg dr Tom Smith op en het tydens die eindronde van die stemmery op 26 Oktober meer stemme as ds Jeanine Stoffberg gekry. “Ek maak baie staat op julle hulp,” het Van Tonder aan die sowat 174 afgevaardigdes in ’n saal by Weesgerus buite Modimolle gesê. “Ek is hier om saam met julle te leer. Ek glo dat die Here mens toerus vir dit waartoe Hy jou roep. Dankie vir die geleentheid.”

Die vergadering duur tot 28 Oktober. Volg kerknuus vanuit die sinode op ons webwerf. 

Nuwe leiers verkies by Hoëveld Sinodesitting (25-28 Okt). Vlnr: Ds Rudi Swanepoel (assessor), ds Jeanine Stoffberg (aktuarius), dr Pieter Kruger (skriba) en ds Michelle van Tonder (moderator). Foto: Le Roux Schoeman / Kerkbode
Dr Tom Smith, uittredende moderator (regs) en ds Hannes Windell (uittredende skriba).

Ds Van Tonder neem op Maandag 26 Oktober stelling in om die vergadering te lei. Links van haar is ds Jeanine Stoffberg en regs, dr Tom Smith.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top