Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE NELSPRUIT-SUID

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE VIR JEUGWERKER – VASTETERMYNPOS

SLUITINGSDATUM: 25 Junie 2017

GEMEENTEPROFIEL:

Nelspruit-Suid is ’n dinamiese en groeiende gemeente met ’n visie wat hierby pas.

Ons verheerlik God

Ons dien mekaar

Ons bereik die wêreld

Van die 2 000 lidmate is 66% jonger as 45 jaar. Hier is ’n aktiewe jeugbediening met gevestigde strukture. Twee leraars bedien tans die gemeente.

PROFIEL VAN KANDIDAAT:

  • Die kandidaat moet ’n passie vir jeugwerk hê en verkieslik nie ouer as 30 jaar wees nie.
  • Toepaslike kwalifikasies sal in ag geneem word.
  • Ervaring in kerklike jeugwerk sal ’n aanbeveling wees.

TAKE:

  • Behartig alle aspekte van die jeugbediening van die gemeente.
  • Betrokke by die kinderbediening soos verlang.
  • Uitreike, fondsinsameling en aksies wat betrekking het op die jeug.
  • Netwerking met ander jeuggroepe in die gemeenskap.

AANSOEKE:

Aansoeke moet ’n volledige Curriculum Vitae met die volgende insluit:

  • Persoonlike besonderhede, ervaring en kwalifikasies.
  • Gawes en belangstellings.
  • Minstens twee verwysings.

VERGOEDING:

  • ’n Bogemiddelde mededingende pakket word aangebied.
  • Eie vervoer.

ONDERHOUDE:

  • Onderhoude sal gevoer word met gekeurde kandidate.
  • Diensaanvaarding so gou as moontlik.

SLUITINGSDATUM: 25 Junie 2017

RIG AANSOEKE AAN:

Die Voorsitter
Jeugbediening
Posbus 19483
NELSPRUIT
1200

Faks: 013 744 0543
E-pos: ngnelspruitsuid@telkomsa.net

NAVRAE:

Ds L Pienaar 082 878 1743

Kerkkantoor: 013 744 1925 (tussen 07:30 – 12:30)

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die aansoeke nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.