Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE KERKENBERG (HARRISMITH)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: Vrydag 25 Augustus 2017 om 12:00.

In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad die bogenoemde vakature bekend.

GEMEENTEPROFIEL: ’n Goed gevestigde gemeente geleë in Harrismith in die Oos-Vrystaat, met sowat 570 belydende en 135 dooplidmate. Die gemeente bestaan uit ’n boerderygemeenskap en ’n normale plattelandse omgewing.

VERGOEDING: Volgens sinodale riglyne tot en met kerf 5. ʼn Ruim pastorie word voorsien.

DIENSAANVAARDING: Onderhandelbaar vanaf 1 November 2017.

AMPSPLIGTE: Volgens Artikel 9 van die Kerkorde.

LERAARSPROFIEL: Die volgende is vir die kerkraad belangrik in die vul van die vakature:

  • Gelegitimeerde proponente en predikante van die NG Kerk tot en met die ouderdom van 45 jaar, kan aansoek doen.
  • Opregte liefde vir Jesus Christus, sy mense en sy koninkryk.
  • Passievolle, Skrifgetroue en dinamiese prediking waar kinders en volwassenes betrek word in die erediensgebeure.
  • Liefdevolle pastorale sorg en gestruktureerde besoekwerk.
  • Sterk leierskap en samewerking in spanverband.
  • Aktivering en begeleiding van gesinne en die gemeentejeug deur ’n gevestigde koffiekroeg en ander gesins- en jeugaktiwiteite.
  • Samewerking met buurgemeentes en kerke in wyer verband.
  • Opbouende verhoudings tot voordeel van die koninkryk.
  • ’n Vernuwende jeugdige bedieningstyl in pas met moderne tegnologie.

Belangstellendes word versoek om op die volgende te let:

  • Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud asook die waarneem van ’n oggenderediens.
  • Die kerkraad behou die reg voor om nie die vakature te vul indien ’n geskikte kandidaat nie gevind word nie.

Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag 25 Augustus 2017 om 12:00.
’n Volledige CV en die kontakbesonderhede van drie referente kan gestuur word aan die skriba van die NG Kerk Kerkenberg by die volgende e-posadres: ngkerkkerkenberg@telkomsa.net (verkieslik in MS Word-formaat).

NAVRAE: Dr J Ries (leraar): 072 551 6677/ 058 623 0066 of leierouderling dr D Blake: 083 306 4060.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.