Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK DURBANVILLE

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraarspos
Sluitingsdatum: 18 Mei 2018.


In biddende afhanklikheid van die Here nooi die NG gemeente Durbanville gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid om aansoek te doen vir die pos.

Gemeenteprofiel:

Durbanville-gemeente is geleë in die noordelike voorstede van Kaapstad en het ongeveer 3 300 lidmate. Daar is ’n voorbereidingskool, laerskool en hoërskool binne die gemeente­grense wat ’n groot bydrae lewer tot die gemeente se jeug. Daar is ook ’n kinderhuis met wie die gemeente ’n baie lang verbintenis het. Verder is daar ’n verskeidenheid aftree-oorde binne die gemeentegrense wat verseker dat die gemeenteprofiel ’n baie goeie verspreiding tussen kinders en senior burgers vertoon. Die gemeente hou drie eredienste op Sondae: In die oggende ’n familiediens met ’n informele aanslag, ’n klassieke diens in die kerkgebou en ’n aanddiens in die kerkgebou met ’n sterk klem op lof en aanbidding met die oog op senior jeuggroepe wat daarna bymekaar kom.

Werksprofiel:

Die neem van volle oorsigtelike verantwoordelikheid vir die gemeente se jeugbediening: 

  • met spesifieke betrokkenheid by die senior jeug binne die konteks van die plaaslike hoërskool;
  • asook die jong volwassenes;
  • en deur prediking en liturgiese ontwerp met spesifieke betrokkenheid by die jeuggerigte aanddienste.

Die neem van volle oorsigtelike verantwoordelikheid vir:

  • Interkerklike samewerking op verskeie vlakke en binne verskeie kontekste;
  • die ontwikkeling van ’n missionale kultuur in die gemeente en in die besonder onder die jeug.

Die uitvoer van al die ander verantwoordelikhede van die amp van predikant, soos verwoord in Artikel 9 van die Kerkorde, in samewerking met die ander predikante binne die bedieningsraamwerk van die gemeente.

Leraarsprofiel:

  1. Die vermoë om jongmense in te trek, toe te rus en te mobiliseer.
  2. Die vermoë om toepaslike materiaal en programme te ontwikkel.
  3. Die vermoë om volhoubare strukture en prosesse te ontwerp en te implementeer.
  4. Leierskapsontwikkeling.
  5. Strategiese denkvermoë rondom jeugbediening.
  6. Musikale vaardighede en ervaring met aanbiddingsbegeleiding kan in die aansoeker se guns tel.

Aansoekprosedure:

Belangstellendes stuur ’n beknopte CV (2-4 bladsye) met kontakbesonderhede van drie referente aan die kerkkantoor na: jackie@durbanvillegemeente.co.za

Sluit ook ’n motivering van een bladsy in waarin jy reken waarom jy die geskikte kandidaat vir die pos is.

Sluitingsdatum: 18 Mei 2018.

Diensaanvaarding: 1 September 2018.

  • Kandidate moet tot ’n onderhoud bereid wees, indien so versoek word.
  • Kandidate moet op versoek ’n digitale kopie van ’n preek wat in ’n erediens opgeneem is, kan aanstuur.

Vergoeding:

Volgens die riglyne van die Algemene Sinode van die NG Kerk soos aanbeveel in die skrywe van die saakgelastigde van die NG Kerk in SA.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.