Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE MONTANA

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VASTETERMYNPOS VIR LERAAR (3 JAAR)
Sluitingsdatum: 11 Mei om 13:00

Alle gelegitimeerdes van die NG Kerk tussen die ouderdom 30 tot 40 jaar word genooi om aansoek te doen.

GEMEENTEPROFIEL:

Die NG Gemeente Montana is ’n voorstedelike gemeente in die noorde van Pretoria en deel van die Noordelike Sinode van die NG Kerk. Daar is tans ongeveer 4 000 lidmate in die gemeente waarvan 1 083 tussen die ouderdom van 25 en 50 jaar is. Die leraarspan bestaan uit 5 persone waarvan een tans ’n vakature is.

PROFIEL EN TAAKOMSKRYWING VAN DIE KANDIDAAT:

  • Tussen 30 en 40 jaar oud wees.
  • Passievol oor die Woordbediening.
  • Iemand wat strategies, doelgerig en innoverend binne spanverband kan werk.
  • Beskik oor tegnologiese en administratiewe vaardighede.
  • Van die kandidaat word verwag om te fokus op die geloofsvorming van lidmate tussen die ouderdom 25 tot 50 jaar.
  • Gesinsbediening sal die kern van hierdie bediening vorm.
  • Die inisiëring en bestuur van kleingroepe in die gemeente.

VERGOEDING:

Die totale koste van indiensneming (TKVI) is onderhandelbaar met die gemeenteraad volgens die riglyne van die Noordelike Sinode.

AANSOEKE:

Belangstellendes kan ’n aansoekvorm aanvra van gembes@ngmontana.co.za. Let wel dat die sluitingsdatum vir aansoeke 11 Mei om 13:00 is. Voltooide aansoekvorms moet dus vóór hierdie spertyd ontvang word.

NAVRAE: Ds Johan Scholtz, Kontaknommer 082 641 5983 of gemeenteraadvoorsitter, Herman Taljaard 083 449 6900.

Die gemeenteraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die beskikbare aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.