Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gay-debat kan oortuig

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Paul Gerber van Port Elizabeth skryf:

Ek, as gewone kerklidmaat sonder teologiese opleiding, het die gay-debat van die afgelope tyd met be-langstelling dopgehou.

Die volgende twee hoofdenkrigtings is die meeste gedebatteer:

  1. Homoseksualiteit is ’n sondige leefwyse, maar God se genade is groot genoeg vir almal. Daarom is gays welkom in die kerk, waar ons van hulle gaan verwag om hul “sondes” te bely sodat God weer op die troon van hul lewe kan sit;
  2. Homoseksuele mense is so deur God geskape en is welkom in die kerk in enige hoedanigheid – ingeslote as ampsdraers. Sondebelydenis ten opsigte van homoseksualiteit is dus irrelevant.

Kernpunte van denkrigting 1 blyk te wees:

  • Bybelverse wat verwys na homoseksualiteit is, sonder enige twyfel, 100% korrek vertaal;
  • Waar daar na homoseksualiteit verwys word in die Bybel, is die klem nie op losbandigheid nie, maar spesifiek daarop gemik om hierdie “leef-wyse” te veroordeel;
  • Die kultuur, tyd en omstandighede van Bybelse aanhalings oor homoseksualiteit is nie ter sprake nie. Hierdie stellings is vandag nog net so van toepassing;
  • God het die mens as man en vrou geskape en daar bestaan niks “tussen-in” nie  –  wetenskaplike navorsing wat anders aandui is kwaadwillig en foutief.

Kernpunte van denkrigting 2 blyk te wees:

  • Daar is ’n moontlikheid dat sommige verse wat verwys na homoseksualiteit, nie 100% korrek vertaal is nie;
  • Homoseksualiteit en losbandigheid is twee totaal verskillende begrippe;
  • Die tyd en omstandighede waarbinne sekere Bybelverse afspeel, moet in ag geneem word om die inhoud van die verse te verstaan voordat dit op vandag toegepas word;
  • ’n Homoseksuele persoon is so deur God geskape – dis nie ’n leefwyse waaroor jy ’n keuse het nie.

Die opmerklikste verskil in hierdie redenasies, is hoe rigied die eerste is en hoe die tweede ruimte laat vir menslike onkunde.

’n Aantal jare gelede was ek oortuig dat die eerste denkrigting die meer korrekte een is. Ek is intussen anders oortuig, ten spyte daarvan dat sommiges hulle aan die debat onttrek het (frustrasie?).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top