Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE SONDAGSRIVIER (KIRKWOOD)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Tweede leraar
Sluitingsdatum: 20 Augustus 2018.

As jy ’n geroepe, dinamiese en toegewyde leraar is, wat die uitdagings en geleenthede van ’n uitgestrekte plattelandse gemeente verstaan en sal aangryp. As die visie: “Nader aan God … Nader aan mekaar … Nader aan die koninkryk” jou inspireer en motiveer. As die gemeenteprofiel jou uitdaag, wil ons in biddende afhanklikheid van die Here ’n hartlike uitnodiging aan jou rig om aansoek te doen vir die volgende voltydse leraarsvakature:

Gemeenteprofiel: Kirkwood is geleë in die Sondagsriviervallei in die Oos-Kaap, ongeveer 80 km vanaf Port Elizabeth. Die gemeente het in 1918 ontstaan en vier vanjaar sy 100 ste bestaansjaar. Daar is tans 761 belydende en 237 dooplidmate en ongeveer 335 besoekpunte. Daar is vier verskillende gemeenskappe in die gemeentegrense: die inwoners van die dorp, sitrusboere, amptenare van Korrektiewe Dienste en die Karooboere. Die plattelandse gemeente val binne die grense van die Oos-Kaapse sinodale gebied en is saamgestel uit ’n gesonde verspreiding van jong gesinne, gevestigde dorps- en plaasfamilies en bejaardes. Ons beskik ook oor ’n plaaslike tehuis vir bejaardes binne ons gemeentegrense. Die Hoërskool Kirkwood huisves leerlinge vanaf Gr R tot Gr 12. Die skool spog met goeie akademiese en sportwelslae.

Leraarsprofiel:

• Enige gelegitimeerde in die NG Kerk met vyf jaar of meer ondervinding van gemeentebediening.

• Van die leraar word verwag om die gemeente geestelik op te bou. Huisbesoek is ’n prioriteit.

• Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

• Dinamiese persoon wat maklik by ’n vernuwende en voorwaartsbewegende gemeente kan aanpas.

• Spanwerk ter wille van onderhandelbare eenheid tussen leraars en eenheid van die gemeente.

• Die kandidaat moet verkieslik tussen 35 en 45 jaar oud wees.

• Die leraar moet ’n aanvoeling hê vir alle ouderdomme, maar veral jeug en jongwerkende gesinne.

Vergoeding: Salaris onderhandelbaar volgens sinodale skale en voordele. Die gemeente beskik oor ’n ruim pastorie.

Aansoeke: Aansoeke vergesel van ’n onlangse en verkorte CV en kontakbesonderhede van (drie) referente moet gerig word aan: Die Voorsitter, Diensverhoudinge Kommissie per e-pos aan ngkerk@kirkwood.co.za of faks dit na 042 230 1632. Alternatiewelik kan dit gepos word na Posbus 17, Kirkwood 6120.

Sluitingsdatum: 20 Augustus 2018. Kandidate wat die kortlys haal, moet saam met hul gades vir onderhoude en preekbeurte beskikbaar wees. Die datum van diensaanvaarding sal dan bepaal word.

Navrae: Yolanda Potgieter (Voorsitter) 084 816 6248
Casper Smith (Voorsitter DVK) 082 897 083
Ds Ampie Swanevelder 042 230 0714 of 082 428 4943.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.