Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: ORRELIS
Sluitingsdatum: 31 Augustus 2018.
Aansoeke word deur die NG gemeente Trompsburg ingewag vir die pos van orrelis.
Die orrelis is, in hooftrekke, verantwoordelik vir die sang en musiek binne gemeenteverband asook die kreatiewe uitbou van musiek en sang in die gemeente. Die volledige pos- en taakbeskrywings sal tydens hul onderhoud met persone wat op die kortlys kom, bespreek word.
Vaardighede en ondervinding:
Die kandidaat moet minstens die volgende vaardighede en ondervinding hê:
• Gemeentebegeleiding met pyporrel, klavier.
• Begeleiding van sang en musiek, nie net by eredienste nie, maar ook by spesiale geleenthede.
Aansoeke en navrae kan gerig word aan NG Kerk Trompsburg: ngktpg@rmsnet.co.za
Sluitingsdatum: 31 Augustus 2018.
