Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Jeugbedienaar
Sluitingsdatum: 3 September 2018 om 12:00.
Die NG gemeente Durbanville-Bergsig bestaan uit ongeveer 3 270 belydende en ongeveer 1 523 dooplidmate. Hierdie gemeente is reeds in 1982 gestig en het mettertyd gegroei en uitgebrei tot ’n makrogemeente, wat die volgende doelwitte nastreef: Die eenheid van gelowiges, liefde vir God en vir mekaar deur dade van diensbaarheid.
Die volgende dien as riglyn vir die pos.
Verantwoordelikhede:
• Instandhou en uitbou van die jeugbedieningsaksies (Gr 0 tot 6) – 80% fokus
• Bestuur van junior jeug se kategeseleiers
• Pastorale begeleiding van die junior jeug
• Aktiewe betrokkenheid by laerskoolleerlinge en bou van verhoudings
• Aanbied van jaarlikse jeugkampe
• Verleen hulp met tienerbediening (Gr 7 tot 12) – 20% fokus
Vereistes:
• Jong, energieke en innoverende persoon
• Passie om kinders na Jesus te lei
• Toepaslike tersiêre kwalifikasie in jeugwerk
• Vorige soortgelyke ervaring in ’n gemeente sal ’n pluspunt wees
• Goeie menseverhoudinge, veral in spanverband
Vergoeding sal volgens sinodale riglyne en na gelang van relevante ondervinding bepaal word.
Navrae: Ds Johan Els (ds.johan@bergsigdv.co.za)
Aansoeke: Voorsitter van Diensverhoudinge (jmnieuwoudt@icon.co.za)
Sluitingsdatum: 3 September 2018 om 12:00.
Aanstellingsdatum: So gou moontlik.
