Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK WATERKLOOF (PRETORIA)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraar
Sluitingsdatum: 26 September 2018 (17:00).

In biddende afhanklikheid van die Here, nooi die NG gemeente Waterkloof, alle gelegitimeerdes om aansoek te doen vir ’n medeleraarspos met ’n primêre fokus op jeugbediening (ouderdom 6-25 jaar).

Waterkloof-gemeente is 60 jaar oud en het ongeveer 1 050 lidmate en kinders. Die gemeente se tradisionele woongebiede is Nieuw Muckleneuk, Waterkloofrif en Waterkloof. Waterkloof is ’n geloofsgemeenskap binne die NG Kerkfamilie en is in die Ring van Pretoria-Oos. ’n Opsomming van ons kernwaardes kan op ons webwerf gevind word: www.waterkloofkerk.co.za

Persoonsprofiel:

• ’n Passie vir die Here, sy Koninkryk en kerk met spesifieke fokus op die jeug- en gesinsbediening.

• Aanwending van sy/haar gawes om die bestaande jeugbediening te begelei en uit te brei.

• Toepaslike kennis en vaardighede om die jeug te inspireer, te mobiliseer en toe te rus.

• Kreatiewe en innoverende denke en ’n persoon van integriteit.

• Vermoë om netwerke te vestig en huidige sosiale media kommunikasie en platforms uit te brei.

• Goeie interpersoonlike verhoudings.

Werksprofiel:

• Die heelhartige ondersteuning van die kernwaardes van die gemeente.

• Verantwoordelikheid vir die jeug- en gesinsbediening van die gemeente.

• Ander verantwoordelikhede sluit in: algemene bediening van belydende lidmate, bera­ding en ander kerklike sake.

• Dinamiese en aktuele prediking.

• Betrokkenheid by skole in die omgewing.

Ooreenkoms en vergoeding: Een jaar-kontrak met die vooruitsig tot die oorskakeling na ’n vastetermynaanstelling. Sinodale aanbeveling vir salaris en byvoordele sal as riglyn gebruik word.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2019.

Aansoeke en navrae:

• CV met gepaardgaande kort motivering en twee verwysings, moet gerig word aan:

Die Voorsitter van die Kerkraad NG Waterkloof.

• Aansoeke kan elektronies gestuur word aan die kerkkantoor by: ngkwater@yebo.co.za

• Vir navrae kontak Estelle van der Vyver, 012 460 3913.

Sluitingsdatum: 26 September 2018 (17:00)

Kandidate moet tot ’n onderhoud bereid wees, indien so versoek word. Indien u nie binne 14 dae na die sluitingsdatum terugvoer ontvang het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.