Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Sluitingsdatum: 15 Oktober 2018.
Vennote in Getuienis in vennootskap met die UV Fakulteit Teologie en Religie en die Reformed Church in Zambia
Vakante pos: Dosent in Teologie, Justo Mwale Universiteit, Lusaka, Zambië
Kandidate word uitgenooi om aansoek te doen vir ’n kontraktuele pos van drie jaar as dosent in Teologie (verkieslik Praktiese Teologie en Missiologie) aan Justu Mwale Universiteit, Zambië.
Pligte en verantwoordelikhede:
- Onderrig van voor- en nagraadse modules.
- Kurrikulumontwikkeling en administrasie.
- Studiebegeleiding van nagraadse studente.
- Hoëvlak navorsingsprojekte en -uitsette.
- Skakeling met en verhoudingsbou tussen vennote.
- Kerklike en gemeenskapsbetrokkenheid.
Aanbevelings:
- Doktorsgraad in Teologie, verkieslik Praktiese Teologie of Missiologie.
- Geroepenheid/aanpasbaarheid vir en ervaring van werk in Suider-Afrikaanse konteks.
- Geordende leraar binne NG Kerkfamilie.
Voordele:
- Salarisskaal met byvoordele (medies, verlof, ens) soos in riglyne van NG Kerk Algemene Sinode.
- Gratis huisvesting op JMU-kampus.
Algemeen: Die reg word voorbehou om die pos nie te vul nie.
Stuur volledige aansoeke voor 15 Oktober 2018 aan:
- Dr Gideon van der Watt, missio@ngkvs.co.za, 082 780 8038.
Geborg
